Welvaart Verwagtinge vir 2024

Riaan Botha • March 18, 2024

Agtergrond


Die toekoms is onbekend en daarom bestee internasionale beleggingshuise groot bedrae geld om te voorspel wat in die toekoms op beleggingsmarkte gaan gebeur – sonder veel sukses. Om persoonlike welvaart in ‘n onseker wêreld te skep verg ‘n plan asook persoonlike dissipline. Die volgende persoonlike plan word voorgestel:

Persoonlike Plan


Elke leser leef in unieke persoonlike finansiële omstandighede in ‘n wêreld vol risiko’s. Die volgende plan kan in samewerking met jou Bovest welvaartbestuurder geimplimenteer word om te help om risiko’s te bestuur en gevolglik jou persoonlike welvaart te vermeerder:

  • Stel ‘n persoonlike maandelikse begroting op asook ‘n lys van jou bates en laste.
  • Doen jou belasting beplanning deur gebruik te maak van die toegewings wat die Suid Afrikaanse Inkomste Diens bied om minder belasting te betaal.
  • Diversifiseer jou welvaart deur in verskillende bate-klasse en in verskillende lande te belê.
  • Benut saamgestelde groei om jou belegging oor ‘n aantal jare eksponensieel te laat groei. Dit beteken dat indien jy R 1 miljoen belê en jy kry10% jaarlikse groei, is jou totale belegging R1.1 miljoen. Volgende jaar gaan jy beleggingsgroei op R1.1 miljoen verkry!
  • Doen aftree beplanning en belê ten minste 15% van jou jaarlikse inkomste in pensioen produkte.
  • Stel jou testament op en beplan jou nalatenskap vir jou geliefdes.

Beleggingsomgewing


Algemene verkiesings word hierdie jaar gehou in verskillende demokrasië wat as beleggings bestemmings vir van ons kliënte dien. Dit is veral plaaslik sowel as in die VSA waar politieke emosies moontlik beleggingsprestasies kan beinvloed. Die oorloë in Ukraine en die Midde-Ooste skrik moontlike beleggers in finansiële markte af en daar word eerder beleggings in meer stabiele beleggings intrumente soos goud gemaak. Die feit dat beleggings besluite rasioneel en nooit emosioneel geneem moet word, gaan veral in hierdie lande toepaslik wees.


Rentekoerse en inflasie speel ‘n belangrike rol in enige beleggingsbesluit. Die hoë inflasie in gevestigde ekonomië gedurende 2022 het die betrokke lande genoop om hul rentekoerse te verhoog. Die gevolg was dat die pryse veral in aandele gedaal het. Hierdie reeks verhogings van rentekoerse het die inflasiekoerse van die betrokke ekonomië verlaag en op 1 November 2023 het die Federale Bank in die VSA besluit om nie meer hul rentekoerse verder te verhoog nie. Die gevolg was dat aandele se pryse wêreldwyd verhoog het.


Daar kan verwag word dat wanneer rentekoerse werklik verlaag, die tendens van ‘n styging in die pryse van aandele gedurende 2024 sal voortduur. Hierdie tendens sal afhanklik wees van die voortgesette daling van die inflasiekoerse in die betrokke lande.

Samevatting


Die opmerking wat een van Bovest se ervare kliënte teenoor ‘n buitestaander gemaak het toe sy gevra is of sy finansieel kragtig genoeg is om op ouderdom 55 met pensioen te gaan, was haar antwoord dat sy “kan” omdat sy ‘n aantal jaar ‘n klient van Bovest is. Hierdie persoonlike ervaring bevestig dat te midde van ‘n onbekende toekoms, ‘n goeie welvaartsplan en persoonlike dissipline sukses behaal.




Dr Riaan Botha FSA™ D.Phil


Photo by Teuku Fadhil on Unsplash

Start Investing Today

By Francois Le Clus May 28, 2025
Should you withdraw your Pension and pay off your home? It's perfectly normal to ask whether you should use your pension to pay off your home when leaving an employer. This decision involves weighing the tax on the withdrawal, the interest saved on your bond, the future growth of your pension fund, and the contributions needed to catch up. Example: Anne is 40 years old with a pension fund worth R3,500,000. She bought a home 10 years ago for R3,000,000 and bonded it over 20 years at an 11% interest rate, with monthly repayments of R30,965. After 10 years, her outstanding bond is R2,258,225. If she withdraws her pension, she’ll receive R2,408,300 after tax—enough to settle the bond and have some cash left over. By paying off the bond early: She saves R1,467,919 in interest. She frees up R30,965 in monthly cash flow. However, if she keeps the money invested, her pension could grow to R37,921,470 by age 65 (assuming 10% annual growth). To match this value after using her pension to pay off the bond, she’d need to invest R28,580 per month for the next 25 years. That’s R2,385 less than her current bond repayment, so she does save monthly—but only for the next 10 years. After that, she’s committed to investing R28,580/month for 25 years to break even.  Not everyone’s calculation is the same and there are endless amounts of permutations to this calculation, but it’s important to note that you need to consider all of these factors when making these crucial decisions.
By Riaan Botha May 28, 2025
Ons ontleed watter gewoontes meewerk om ’n gelukkige aftrede te verseker. Hierdie maand bespreek ons hoe om gesond te lewe tydens aftrede. Mediese kostes verhoog hoe ouer ons word. Die koste van ’n mediese fonds verhoog jaarliks met meer as die inflasiekoers en mediese uitgawes sal in die toekoms ’n al groter persentasie van ons persoonlike uitgawes vereis. Dit is daarom belangrik om so gesond as moontlik te leef. Hier is verskillende stappe wat gevolg kan word om gesond oud te word: Eet gesond. Moenie oorgewig wees nie. Word sterker deur oefeninge te doen wat jou spiermassa behou. Doen jaarliks mediese ondersoeke om te bepaal hoe gesond jy is. Beskerm jou gewrigte en beenstruktuur deur krag- en rek-oefeninge te doen. Verminder rook en alkohol-inname om jou kanse van kanker en ander siektes te beperk. Indien jy ’n familie-geskiedenis het van siektes soos kanker en hart-toestande. moet jy vir gereelde mediese toetse gaan om vroegtydig te bepaal of jy nie die siektes onder lede het nie. Verbeter jou liggaamsbalans deur oefeninge te doen soos om op een been te staan terwyl jy jou tande borsel. Hierdeur verseker jy dat jy nie gereeld jou liggaamsbalans verloor en val nie. Studies het bewys dat dit help om jou fisieke en geestelike gesondheid te behou deur sewe tot agt ure per nag te slaap. Hou jou brein-funksie of kognitiewe vermoë in ’n goeie toestand deur brein-oefeninge te doen, soos om nuwe stokperdjies te beoefen of memoriseringsoefeninge te doen. Volg ’n aktiewe sosiale lewe. Studies het getoon dat mense met ’n aktiewe sosiale lewe minder geheue-probleme ontwikkel. Hulle het ’n verminderde kans om eensaam te voel en depressief te word (Health Connection, Cooper, University Health Care, 9 September 2024).