Welvaart Verwagtinge vir 2024

Riaan Botha • March 18, 2024

Agtergrond


Die toekoms is onbekend en daarom bestee internasionale beleggingshuise groot bedrae geld om te voorspel wat in die toekoms op beleggingsmarkte gaan gebeur – sonder veel sukses. Om persoonlike welvaart in ‘n onseker wêreld te skep verg ‘n plan asook persoonlike dissipline. Die volgende persoonlike plan word voorgestel:

Persoonlike Plan


Elke leser leef in unieke persoonlike finansiële omstandighede in ‘n wêreld vol risiko’s. Die volgende plan kan in samewerking met jou Bovest welvaartbestuurder geimplimenteer word om te help om risiko’s te bestuur en gevolglik jou persoonlike welvaart te vermeerder:

  • Stel ‘n persoonlike maandelikse begroting op asook ‘n lys van jou bates en laste.
  • Doen jou belasting beplanning deur gebruik te maak van die toegewings wat die Suid Afrikaanse Inkomste Diens bied om minder belasting te betaal.
  • Diversifiseer jou welvaart deur in verskillende bate-klasse en in verskillende lande te belê.
  • Benut saamgestelde groei om jou belegging oor ‘n aantal jare eksponensieel te laat groei. Dit beteken dat indien jy R 1 miljoen belê en jy kry10% jaarlikse groei, is jou totale belegging R1.1 miljoen. Volgende jaar gaan jy beleggingsgroei op R1.1 miljoen verkry!
  • Doen aftree beplanning en belê ten minste 15% van jou jaarlikse inkomste in pensioen produkte.
  • Stel jou testament op en beplan jou nalatenskap vir jou geliefdes.

Beleggingsomgewing


Algemene verkiesings word hierdie jaar gehou in verskillende demokrasië wat as beleggings bestemmings vir van ons kliënte dien. Dit is veral plaaslik sowel as in die VSA waar politieke emosies moontlik beleggingsprestasies kan beinvloed. Die oorloë in Ukraine en die Midde-Ooste skrik moontlike beleggers in finansiële markte af en daar word eerder beleggings in meer stabiele beleggings intrumente soos goud gemaak. Die feit dat beleggings besluite rasioneel en nooit emosioneel geneem moet word, gaan veral in hierdie lande toepaslik wees.


Rentekoerse en inflasie speel ‘n belangrike rol in enige beleggingsbesluit. Die hoë inflasie in gevestigde ekonomië gedurende 2022 het die betrokke lande genoop om hul rentekoerse te verhoog. Die gevolg was dat die pryse veral in aandele gedaal het. Hierdie reeks verhogings van rentekoerse het die inflasiekoerse van die betrokke ekonomië verlaag en op 1 November 2023 het die Federale Bank in die VSA besluit om nie meer hul rentekoerse verder te verhoog nie. Die gevolg was dat aandele se pryse wêreldwyd verhoog het.


Daar kan verwag word dat wanneer rentekoerse werklik verlaag, die tendens van ‘n styging in die pryse van aandele gedurende 2024 sal voortduur. Hierdie tendens sal afhanklik wees van die voortgesette daling van die inflasiekoerse in die betrokke lande.

Samevatting


Die opmerking wat een van Bovest se ervare kliënte teenoor ‘n buitestaander gemaak het toe sy gevra is of sy finansieel kragtig genoeg is om op ouderdom 55 met pensioen te gaan, was haar antwoord dat sy “kan” omdat sy ‘n aantal jaar ‘n klient van Bovest is. Hierdie persoonlike ervaring bevestig dat te midde van ‘n onbekende toekoms, ‘n goeie welvaartsplan en persoonlike dissipline sukses behaal.




Dr Riaan Botha FSA™ D.Phil


Photo by Teuku Fadhil on Unsplash

Start Investing Today

April 29, 2026
Die woord “aftrede” is ‘n skrikwekkende woord wat jou maag laat rondtol. Wat bekommewekkend is die woordjie “stagnasie” – ‘n vrees wat met aftrede geassosieer kan word. Selfontwikkeling is nie ‘n luukse wat slegs vir sekere fases van ons lewenreis gereserveer is nie; dit is ‘n noodsaaklike en lewenslange proses wat die kwaliteit van ons menslike bestaan bepaal. In ‘n wêreld wat voortdurend verander – tegnologies, sosiaal en ekonomies – kan stilstand maklik tot agteruitgang lei. Miskien is selfontwikkeling juis te meer belangrik vir afgetredenes – dit is ‘n proses waardeer alledaagse betrokkenheid en sinvolle gesprek die waarde van jou menslike bestaan inderdaad bevestig, ondersteun en instand hou. Selfontwikkeling dra by tot persoonlike groei en selfkennis. Deur nuwe vaardighede aan te leer, kursusse te volg of bloot oor eie ervarings te reflekteer, leer jy jouself beter ken. Hierdie selfkennis help met beter besluitneming. Iemand wat byvoorbeeld besef dat hy/sy swak is in tydsbestuur, kan doelbewus strategieë ontwikkel om dit te verbeter. Vir jonger mense kan selfontwikkeling help in hulle beroepsloopbane. Deesdae met die spronge in tegnologie, is aanpasbaarheid vir nuwe uitdagings ‘n groot vereiste. Vaardighede wat vandag relevant is, kan môre verouderd wees. Deur voortdurend te leer en aan te pas, bly ‘n persoon mededingend en waardevol, spesifiek ook in jou werksomgewing. Die kern van selfontwikkeling lê in ingesteldheid. ‘n Mens moet nooit glo dat jy “klaar” is nie. Selfs op ‘n hoë ouderdom kan jy nuwe vaardighede aanleer, nuwe perspektiewe ontdek en nuwe verhoudinge bou. Hierdie ingesteldheid verhoed byvoorbeeld dat aftrede ‘n eindpunt word; dit maak dit eerder ‘n nuwe begin.  Wanneer ‘n mens stagneer, verloor jy nie net jou kreatiewe energie nie, maar ook jou vermoë om sin en betekenis in jou daaglikse bestaan te vind. Elke daad van groei is ‘n daad van vernuwing, en hou die gees jonk. Om te stagneer is om jou menswees te verwaarloos; om te groei is om jou menswees te eer. Selfontwikkeling hou die vlam van betekenis aan die brand, en dit is die vlam wat die mens se lewensreis tot die einde toe verlig. Geksryf deur Koos van die Waterberge vir Bovest
By Ruvan J Grobler March 31, 2026
In a quiet corner of a garden, a tiny egg rested beneath a leaf, unnoticed by the world. In time, it hatched into a caterpillar—small, vulnerable, and endlessly hungry. Day after day, it consumed everything in its path, growing rapidly but remaining earthbound, exposed to every passing threat. Then, without warning, it stopped. It found a still place, attached itself to a branch, and formed a chrysalis. From the outside, it looked lifeless—fragile, even pointless. To an observer, it might have seemed like the end of its journey. But inside, everything was changing. The caterpillar was breaking down completely, dissolving into something unrecognizable before slowly rebuilding itself into something entirely new. Time passed. When the chrysalis finally opened, the creature that emerged was no longer confined to the ground. Its wings were soft at first, uncertain. It struggled, pushing fluid through them, strengthening them with effort. Only after this resistance could it take flight. And when it did, it soared—no longer bound by the limitations of its former life but shaped by every stage that came before. It’s been six years since humanity’s last global threat, the Covid pandemic. A lot has changed, but we as people have not. Just as the butterfly in the story above goes through its cycle the global economy does too. But the butterfly does not know its going through this cycle, its merely following its path. We are very aware of the cycle as it has an effect on our every day lives especially on our finances. But just as the butterfly follows its path, we do too. Focus on what you can control. We often stress the issues out of our own control and isn’t exclusive to finances. Not a single person reading this article has any control of the global economy and the current conflict in the Middle East. None of us also knew exactly when it would happen and when it is going to end. Don’t get me wrong, I too struggle to manage my thoughts and emotions when we go through the tough parts. Shifting the focus towards finances; except for being in control of how you earn an income, the only other factor you can control is your spending. Stick to your budget! Never stop investing! Stay disciplined! Crisis Asset Allocation I get many questions on what we are doing to manage risk and potential losses. This is where financial planning becomes extremely important. Every single investment in your portfolio is linked to a need or a goal, not just any goal but a time-based goal. This specific time horizon has influenced the type of assets bought in order to reach these goals. The longer away the goal, the more risk is taken and vice versa. Investments where liquidity is needed will be affected much less than a long-term share portfolio. More liquidity, less risk. Meaning that if you need cashflow you should not be worried as the asset exposure will be less affected. Retirement products will have exposure to many different assets where there are conservative assets to provide protection in the short-term. The growth asset exposure that may be volatile now is the part that gives you the long-term inflation beating returns. During this part of the cycle certain assets have become less desirable and opportunities have popped up elsewhere. All portfolios are monitored to make sure that the original mandate is followed, and the investment goal is reached at the end of the applicable term. All asset managers have started to make asset allocation changes to match the changing of the cycle and the Bovest investment committee has also done so. Is it time to sell and move to cash? In short, no. We don’t know when markets will turn and no one else either. Historically in these crises it takes on average around two weeks to reach the bottom of the market and then more than a month to recover. This does create many buying opportunities for asset managers but also for you as investor. Warren Buffet always says, "Be fearful when others are greedy and greedy when others are fearful" . This is the time to buy assets on “sale”, don’t sell them. Getting out of the market is the biggest risk, this is where investors lose money. Stick to the plan and stay patient, you will be rewarded. Ruvan J Grobler RFP™ (PGDip Financial Planning)