GEWOONTES VIR ’N GELUKKIGE AFTREDE

Riaan Botha • April 3, 2025

Inleiding

Aftrede is onteenseglik ’n belangrike fase in ons lewens, en waarskynlik die belangrikste. Dit is die kulminasie van voorafgaande fases, soos opleiding en inkomsteskepping, en as ons nie gereed is vir hierdie fase nie, kan die lewe traumaties wees.

 

Aftrede verg beplanning en beplanning is die gevolg van goeie gewoontes. Ons raad aan afgetredenes en mense wat beplan om af te tree, is om goeie gewoontes te kweek om hulle op die pad na ’n gelukkige aftrede te lei. Uit ons interaksie met kliënte wat op aftrede staan of reeds afgetree het, kon ons sien dat hierdie benadering prakties en logies is, met positiewe, tasbare gevolge.

 

Baie faktore speel ’n rol in ’n gelukkige aftrede. In die VSA het ’n studie hierdie faktore gelys as goeie gesondheid, finansiële sekuriteit, liefdevolle familie en vriende en ’n doelgerigte of beplande aftrede - What Retirees Want. Dychtwald and Morison, 2022. p115. Hierdie aspekte word onder meer in hierdie boek aangespreek.

 

By Bovest word kliënte se persoonlike omstandighede in ag geneem wanneer hulle finansiële advies vra. Ons wil mense help om hul finansiële situasie ten beste te benut om gelukkig te kan leef.

 

Om gelukkig af te tree is egter nie ’n gegewe nie. Jy benodig persoonlike doelwitte wat opgevolg moet word met die begeerte om die nodige regte gewoontes aan te leer. Dit vereis dikwels dat jy bereid moet wees om van jou gevestigde gewoontes te verander. In die soeke na jou persoonlike geluk gaan jou gewoontes uniek wees.

 

Hoe word Gewoontes Gevorm?

Daar bestaan verskillende teorieë oor hoe om gewoontes suksesvol te vorm. By Bovest vind ons aanklank met James Clear se teorie soos vervat in sy boek Atomic Habits (Penguin Random House, London, 2018, pp47-48), wat vier stappe tot sukses verwoord:

Stap 1: Raak bewus van ’n wenk, insig, doelwit of begeerte.

Stap 2: Hunker om dit uit te voer.

Stap 3: Wat is die reaksie wanneer jy dit uitvoer?

Stap 4: Wat is jou beloning as jy dit uitvoer?

 

Kom ons kyk na’n voorbeeld van gewoonte-vorming:

·        Stap 1: Iemand wat aftree se doelwit is om waarde vir geld te soek – hulle ontleed voortdurend die omgewing waarbinne hulle leef en pas hul begrotings en maandelikse uitgawes oppersoonlike behoeftes voortdurend aan.

·        Stap 2: Daar word navorsing gedoen oor watter uitgawe die beste waarde vir die beskikbare geld bied.

·        Stap 3: Die aankope word aangepas en die afgetredene voel tevrede dat daar waarde vir geld verkry is.

·        Stap 4: Aangesien daar binne begoting opgetree is, is die beloning dat daar fondse beskikbaar is om op ander beplande aankope te spandeer. Indien die koop ’n winskoop was, kan ons daarmee spog en selfs deur ons vriende geprys word as ’n winskopie-jagter!

 

Deur hierdie vier stappe te herhaal, sal ons in die toekoms met meer gemak optree tot gewoontes van gesonde finansiële bestuur redelik moeitevry gevorm word.


By Ruvan J Grobler July 24, 2026
Is investing offshore just for people who've given up on South Africa? I get some version of this question a lot, and the honest answer is no. It's really just about not keeping all your eggs in one rand-denominated basket. And it got a lot more relevant this year, because in April 2026 the Reserve Bank doubled the Single Discretionary Allowance from R1 million to R2 million per person, per year. That's a meaningful jump, and it's worth understanding properly before you use it. Here's how the allowance system actually works. Every South African resident over 18 gets a Single Discretionary Allowance of R2 million a year. No SARS approval, no tax clearance, you just instruct your bank and off it goes, for travel, gifts, or offshore investing. On top of that sits the Foreign Investment Allowance, up to another R10 million a year, but that one needs a SARS Approval for International Transfer first, which comes off your tax compliance status on eFiling. Between the two, that's R12 million per person, per year, without needing special Reserve Bank sign-off. A couple, or a family with adult kids, can add that up quickly. Worth knowing too, this is different from the rand-denominated offshore funds most people already hold through their local platforms. Those use asset swap or feeder structures, and your allowance never actually leaves the country. Direct offshore investing means the money physically converts to dollars, pounds or euros and sits in an account in your own name, offshore. Different animal, different mechanics. Side note: if you've got a retirement annuity, you already have some offshore exposure, Regulation 28 lets retirement funds hold up to 45% offshore. That's real diversification, but it's locked inside a retirement structure with its own rules on access and estate treatment. Using your personal allowance is a completely separate lever, money you actually hold in your own name, offshore, that you can access, restructure or leave to whoever you want without waiting for retirement age. Who actually uses this in practice? Families with kids studying or working abroad. People planning to retire partly offshore, or just wanting a foreign currency buffer for when they travel. Business owners who've built most of their wealth locally and want a real counterweight sitting outside the country. It's rarely about chasing better returns, it's about not having every asset you own exposed to the same risks at the same time. So why bother with the direct route? Two reasons come up in almost every conversation I have about this: currency, and geography. On currency, if your salary is in rand, your house is in rand and your whole portfolio is in rand, your entire financial life rises and falls with one currency. Holding some of your wealth in hard currency doesn't mean you think the rand is doomed, it just means you're not betting your whole future on one outcome either way. On geography, the JSE makes up less than 1% of total global stock market value. Some of the biggest growth stories in the world right now, in tech, in healthcare, aren't listed here at all. Investing offshore isn't a vote against South Africa, it's just access to the other 99%. Now here's a case worth knowing about, because it shows how badly this can go if someone tries to get clever with the rules instead of just following them. In Singh v South African Reserve Bank, decided by the Pretoria High Court in 2023, an attorney and businessman moved R80 million between local accounts, with about R20 million of it headed for a UK bank account. The problem wasn't the amount, it was how it moved, in R1 million chunks, each one apparently using someone else's Single Discretionary Allowance instead of his own. His bank picked it up and reported it to the Reserve Bank, who placed a blocking order on the remaining R40 million sitting in his account back home. He went to court arguing his bank had approved the transfers, so it must have been fine. The court didn't agree. A bank can't lawfully approve something that breaches exchange control in the first place, and the blocking order stood. If you genuinely need to move more than R2 million a year, that's exactly what the Foreign Investment Allowance is for. It just takes proper paperwork, not creativity.  A few practical things that catch people out: Your allowance resets every calendar year, it doesn't carry over if you don't use it. A clean SARS record matters. Outstanding returns or disputes will delay your approval, and it can take up to three weeks even when everything's in order. Financial institutions want proof of where the money actually came from, especially as the amount grows. Moving a big amount in one go means you're stuck with whatever the exchange rate happens to be that day, that's a separate risk from the compliance side, and worth thinking through. One more thing, since estate planning is where I spend most of my time. Assets held directly offshore, in your own name, usually fall under the estate administration rules of wherever they're held, not just South Africa's. That can mean your executor needs a foreign grant of probate before anything can be dealt with, on top of the local process. It doesn't mean don't do it. It just means the structure deserves as much thought as the decision to invest offshore in the first place. This is general information, not advice tailored to your situation. Ruvan J Grobler FSA® PGDip (Financial planning)
July 24, 2026
Die immigrantekwessie het die afgelope paar jaar een van die mees omstrede politieke en sosiale onderwerpe in Suid-Afrika geword. Openbare debat word dikwels aangevuur deur kommer oor werkloosheid, misdaad, druk op openbare dienste en die teenwoordigheid van ongedokumenteerde immigrante. In dieselfde asem waarsku navorsers dat 'n groot deel van die debat deur wanopvattings en emosies beïnvloed word eerder as deur feite. Kom ons kyk na die bekommernisse en die feite. Eerstens is daar opvattings oor die getal immigrante in Suid-Afrika. Volgens die jongste data het Suid-Afrika tussen ongeveer 2,4 en 2,6 miljoen buitelandsgebore inwoners. Dit verteenwoordig sowat vier persent van die totale bevolking van ongeveer 63 miljoen mense. Die grootste groepe kom uit Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho en Malawi. Werkloosheid vorm 'n tweede bekommernis. Suid-Afrika het een van die hoogste werkloosheidskoerse ter wêreld. Baie Suid-Afrikansers ervaar dat immigrante werksgeleenthede wegneem, veral in die informele sektor, kleinhandel, konstruksie en landbou. Die oorsake van werkloosheid lê waarskynlik veel dieper en hou verband met swak ekonomiese groei, onvoldoende vaardighede, korrupsie en beperkte belegging. 'n Derde bekommernis is druk op openbare dienste. Hospitale, skole, behuisingsprojekte en munisipale dienste verkeer reeds, soos dit is, onder groot druk. Waar immigrante hierdie dienste gebruik, ontstaan die persepsie dat skaars hulpbronne verder uitgedun word. Dit is moeilik om die impak werklik te meet. 'n Vierde bekommernis hou verband met ongedokumenteerde immigrasie. Daar bestaan wydverspreide kritiek dat die staat nie sy grense doeltreffend beheer nie. Selfs mense wat positief teenoor immigrasie staan, erken dikwels dat beter administrasie en grensbeheer nodig is. 'n Vyfde bekommernis is misdaad en veiligheid. Sommige politieke groepe verbind immigrasie met misdaad. Statistiese bewyse toon egter nie dat immigrante as groep vir die meeste misdaad verantwoordelik is nie. Tog bly die persepsie sterk, veral in gemeenskappe wat reeds deur misdaad geteister word. Die debat word verder bemoeilik deur die verskil tussen wettige immigrante, vlugtelinge, asielsoekers en ongedokumenteerde persone. Hierdie groepe word dikwels in die openbare debat saamgegooi. Die immigrasievraagstuk gaan dus oor veel meer as net die persentasie immigrante. Dit raak die ekonomie, staatskapasiteit, grensbeheer en die publiek se vertroue in die regering. Die onderliggende probleme van werkloosheid, armoede en swak dienslewering bly waarskynlik die grootste drywers van die huidige spanning. 'n Volhoubare oplossing sal daarom waarskynlik beter immigrasiebestuur en sterker ekonomiese groei vereis. Geksryf deur Koos van die Waterberge vir Bovest