AANDELE PRYSE IN SA EN VSA EN DIE OORLOG IN DIE MIDDE-OOSTE

Dr. Riaan Botha • May 6, 2026

Agtergrond

Geopolitieke spanninge het daartoe gelei dat oorlog tussen Amerika/Israel en Iran op 28 Februarie 2026 uitgebreek het. Een van die gevolge van die huidige oorlog is die verminderde olieproduksie en die gevolglike styging in brandstofpryse. Die duurder brandstof raak nie net Suid-Afrikaners se sak wanneer hulle hul motors se tenks vul nie, maar beïnvloed ook die winsgewendheid van Suid-Afrikaanse maatskappye wat op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) genoteer is.


Suid-Afrika

Suid-Afrika vorm deel van die ontwikkelende ekonomieë wat aanvanklik goed gevaar het gedurende die eerste twee maande van 2026, totdat die oorlog op 28 Februarie uitgebreek het. Gedurende Maart 2026 het die JSE All Share Index met 13% gedaal — die grootste maandelikse daling in 18 jaar. Gedurende April het die indeks egter gestabiliseer, maar dit bly sensitief vir energieprysskokke.


Weens die hoër brandstofpryse het Suid-Afrikaanse industriële aandele, kleinhandelaars en eiendomsmaatskappye se aandeelpryse gedaal. Hierdie ondernemings is nou gekoppel aan die plaaslike ekonomie en verbruikersbesteding, wat tans onder druk verkeer. Groot maatskappye met internasionale blootstelling se pryse het ook verswak. Richemont is geraak deur swakker wêreldwye vraag na luukse goedere, terwyl Naspers en Prosus afgetrek is deur swakker prestasie in Chinese tegnologie-aandele.


Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het ook ’n belangrike rol gespeel. Die rand het versterk tot ongeveer R16 teenoor die Amerikaanse dollar voordat dit effens verswak het. Hoewel dit positief mag klink, verminder ’n sterker rand die waarde van buitelandse verdienste wanneer dit terug na rand omgeskakel word. Aangesien baie van die grootste maatskappye op die JSE hul inkomste oorsee verdien, het dit hul aandeelpryse verder gedemp.


Amerika

Amerika vorm deel van die ontwikkelde ekonomieë, en hul aandelebeurse is anders deur die oorlog geraak. Suid-Afrikaanse aandele het nie tred gehou met die sterk herstel van die Amerikaanse markte ná die aanvanklike daling in aandeelpryse aan die begin van die oorlog nie. Dit was die gevolg van ’n kombinasie van wêreldwye onsekerheid, die tipe maatskappye wat op elke mark genoteer is, en bewegings in wisselkoerse.


Amerikaanse maatskappye, veral in die tegnologiesektor, het voortgegaan om winsgroei te toon, wat beleggers gelok het. In onseker tye neig internasionale beleggers ook om geld na die VSA te verskuif omdat dit as ’n veiliger beleggingsbestemming beskou word. Suid-Afrika, aan die ander kant, het ’n mark wat meer afhanklik is van kommoditeite en wêreldwye ekonomiese siklusse, wat dit meer vatbaar maak vir skokke.


Samevatting

Daar is ’n gesegde: “Dit is makliker om ’n oorlog te begin as om dit te stop.” Mag diplomate die oorhand kry oor generaals sodat vrede kan terugkeer. Vrede sal olieproduksie verhoog en gevolglik brandstof goedkoper maak. Dit gaan egter tyd neem voordat die huidige hoë brandstofpryse en inflasiedruk verdwyn.


In ’n ná-oorlogse situasie kan verwag word dat die JSE weer sterk sal vertoon, mits inflasie onder beheer bly en rentekoerse nie dramaties verhoog word nie.


NOTA

Ek het in 1983 my meestersgraadverhandeling in Staatsleer aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi met die titel: “Islamitiese Determinante in die Wêreldpolitiek.”


Dit is kenmerkend dat die rol van olie in die internasionale politiek gedurende 1970’s, weer 50 jaar later herhaal word. Die prys van ’n vat olie het destyds van 1,80 dollar in 1970 na 3 dollar in 1973 en na 31 dollar in 1979 gestyg. Daar was bewindsverandering in Iran toe die Islamietiese Revolusie in 1979 plaasgevind het. Iran, wat deel van OPEC is, het destyds ook olie aangewend om sy Islamitiese doktrine internasionaal te bevorder.


In die huidige oorlog word olie steeds deur Iran as ’n geopolitieke wapen gebruik om Amerika en ander olie-verbruikende lande onder druk te plaas.



Marksyfers tot einde April 2026

By Dr. Riaan Botha June 2, 2026
Die uitdrukking “Twee koppe is beter as een” is welbekend en dui daarop dat samewerking voordelig is. Is daar voordele vir lede van ’n familie wanneer hulle gesamentlik familie-finansiële beplanning doen, asook inkomstevoorsiening deur middel van familiebesighede? Familiebesighede in Suid-Afrika, waar gesamentlike finansiële beplanning plaasvind, is ’n belangrike deel van die ekonomie. Talle Afrikaanssprekendes is afkomstig van die platteland waar hulle in ’n familiebesigheidsomgewing op plase grootgeword het. Weens ’n verskeidenheid van redes verander die landbou-familiebesigheidsomgewing, en sommige van hierdie families verskuif hul familiesakebelange met groot sukses na ander sektore van die ekonomie. Entrepreneursvaardighede word egter benodig om vir jouself ’n inkomste te skep. Bovest is behulpsaam om die nodige entrepreneurskundigheid deur middel van die TV-program “Welvaartskeppers” aan die kykerspubliek bekend te stel. Bykomend hiertoe word finansiële advies aan families gegee om sodoende maksimum finansiële voordeel te verkry. Indien die voordele van familie-finansiële beplanning met dié van persoonlike finansiële beplanning vergelyk word, bestaan die volgende voordele: Laer gesamentlike fooie vir familielede kan beding word; Meer effektiewe belastingskale kan benut word deur beleggingskapitaal tussen gades te verdeel; Die oordrag van welvaart na die volgende geslag kan vergemaklik word deur familietrusts te gebruik; Gedeelde verantwoordelikheid bevorder dissipline om by langtermyn-kapitaalbouplanne te hou; Verskillende lewensiklusse en risiko-aptyte help om die familie se beleggingsportefeulje te balanseer; Die verskille in ouderdom en lewensfases ondersteun die uiteenlopende eiendomsbehoeftes van familielede. Aangesien die finansiële beplanning van families meer kompleks is, benodig dit samewerking tussen die verskillende geslagte om behoeftes en verwagtinge te verwesenlik. Die rol van die Bovest-adviseur in hierdie proses kan nie onderskat word nie.
By Godfried Kotzé June 2, 2026
This past weekend, Bovest Wealth Management had the privilege of being part of something truly special: a race, a journey, and a family of runners who took part in the MUT - the Mountain Ultra-Trail - in the breathtaking beauty of George. Together with my close friend Scotty, I ran the marathon. But as is so often the case with endurance events, I walked away with far more than tired legs and a medal. I walked away with lessons. Lessons about faith, finances, discipline, consistency, community, fellowship, and perspective. Ultra trail running has a unique way of stripping life back to the essentials. Out there on the mountain, there are no shortcuts. You cannot fake preparation. You cannot outsource endurance. You cannot buy resilience at the final aid station. You have to show up, step by step, climb by climb, kilometre by kilometre. In many ways, our financial lives are no different. Discipline: The Foundation of the Journey No marathon is completed by accident. It requires discipline long before race day. Early mornings, training runs, strength work, nutrition, rest, and preparation all form part of the unseen investment. Financial success works the same way. Building wealth is rarely about one dramatic decision. It is about the daily discipline of living within your means, saving consistently, avoiding unnecessary debt, planning for tax, protecting your family, and making wise investment choices over time. Proverbs 21:5 reminds us: "The plans of the diligent lead surely to abundance, but everyone who is hasty comes only to poverty." Discipline is not always exciting, but it is deeply powerful. It is the quiet commitment to the right things, even when nobody is watching. On the mountain, discipline gets you to the next checkpoint. In your finances, discipline carries you toward long-term freedom. Community: We Were Not Created to Run Alone One of the most beautiful parts of the MUT weekend was the sense of community. Runners encouraged each other. Families supported from the sidelines. Friends waited, cheered, prayed, laughed, and pushed one another forward. With Scotty alongside me, the journey became lighter. The difficult moments became bearable. The experience became richer. The same is true in our financial lives. We need people around us who encourage wisdom, accountability, and growth. A good financial adviser, tax specialist, fiduciary expert, family member, spouse, mentor, or trusted friend can help us make better decisions and remain focused on the bigger picture. Ecclesiastes 4:9-10 says: "Two are better than one; because they have a good return for their labour. For if they fall, the one will lift up his fellow;..." No one builds a meaningful legacy alone. Wealth is not only about numbers on a statement. It is about people, purpose, stewardship, and responsibility. Perspective: Seeing the Creator Through His Creation Perhaps the greatest takeaway from the weekend was perspective. Running through the beautiful mountains of George, surrounded by the majesty of creation, one cannot help but become aware of the greatness of God. The fresh air, the views, the silence, the strength to continue, and the people alongside us all point to something far bigger than ourselves. There were moments on the route where the mighty Name of the Lord could change the entire atmosphere. A prayer, a word of gratitude, a moment of worship, or simply lifting one's eyes to the mountains reminded me that we are not alone. This perspective is essential in life and in finance. Money is important, but it is not ultimate. Planning is important, but God remains our provider. Wealth can create comfort, but only Christ gives true peace. A well-structured estate can leave an inheritance, but a life of faith leaves a legacy. When we see our finances through the lens of faith, everything changes. We become less anxious, more generous, more intentional, and more aware of the responsibility we carry. The Finish Line Matter Every race has a finish line. So does every financial journey. The question is not whether we will reach a finish line, but whether we are preparing wisely for it. Are we disciplined? Are we consistent? Are we surrounded by the right people? Are we walking in fellowship? Do we have the right perspective? Ultra trail running teaches us that endurance matters. Preparation matters. Community matters. Faith matters. The same is true when building, protecting, and transferring wealth. By Godfried Kotze BCom Accounting, MCom Taxation (UP), SAIPA, FISA Member