How does checking your investment regularly impact your investment goals?

Francois le Clus • May 4, 2026

Whether we like it or not, we are emotionally attached to our finances, especially our investments. I understand this because I also fall into this trap, even though I’m a financial professional. March was not a fun month for me or just about any investor in the world. We saw significant downward movements in markets across the globe, and there was nowhere to hide except cash. It also didn’t help that I checked regularly on my portfolio’s performance. I was shocked, even though I knew it was bad, but I found solace in the fact that markets will recover again, and this was short-term. The funny thing was that my portfolio was still up year-to-date, and I was still up, but I anchored the investment value and saw the past month’s investment performance as a loss, but I was still in the money.


I fell into two traps. I anchored a number, and I had given in to myopic loss aversion.

What Myopic loss aversion? Simply put, Investors feel losses more strongly than gains (loss aversion). This led me to experience anxiety and consider making a change to my portfolio’s. (Luckily I didn’t).


This led my into doing some more research into markets and how they behave on a daily, monthly, quarterly, and yearly basis. I was quite shocked by the data and how I could potentially sabotage my portfolio.


When looking at the S&P 500 and the JSE, you can see data that is very closely correlated with each other. When looking at the daily performance of the indices over the past 15 years, you would see that the S&P 500 had positive 53% of trading days and negative 47%. When looking at the JSE on a daily basis, you would see 51% to 53% positive days and 47% to 49% negative days.

Even in strong bull markets, almost half of all days are negative. Returns are driven by a relatively small number of strong up days.

When looking at monthly performance, the S&P had 60%–65% positive months vs 35%-40% negative months. The JSE had 56% positive months vs 44% negative months. You can already start to see how the data is moving in a more positive direction.

When looking at quarterly performance, the picture becomes even better. The S&P delivered Positive quarters between 65%–70% and negative quarters between 30%-35%. When looking at the JSE, it delivered positive quarters between 55%–65% and negative quarters between 35%-40%.


When looking at the yearly performance, the S&P delivered 75%-80% positive months vs 25%-30% negative returns. The JSE delivered 60%-70% positive years vs 40%-30% negative years.


Losses at the yearly level are relatively infrequent but can be sharp.

The pattern becomes very clear:

The longer the timeframe, the higher the probability of a positive return. Short-term volatility is normal and persistent. Long-term returns are driven by compounding and upward drift.


Practical interpretation (important)

Volatility is constant. Even in strong years, many days and months are negative. This is why timing the market is extremely difficult.

Time horizon is everything

-       Daily investing feels like a coin flip.

-       Long-term investing becomes probability in your favour.


Best days matter disproportionately

Missing a handful of strong positive days can materially reduce returns.


Side-by-side summary

What does the data show?

Daily checking increases perceived losses dramatically

A well-known finding:

If you check your portfolio:

Daily → you’ll see losses ~40–45% of the time

Annually → losses drop to ~20–25% of the time

Same investment, completely different emotional experience.


Frequent checkers are more likely to make bad decisions

Research and industry data show:

Investors who monitor portfolios frequently:

-       Trade more

-       React to short-term volatility

Are more likely to:

-       Sell during downturns

-       Miss recoveries


How do these behaviours negatively impact your investment performance?

Studies (by Morningstar) estimate that the average investor underperforms their own investments by 1% to 2% due to poor timing decisions and emotional reactions.


Less frequent monitoring improves outcomes.

Investors who check less often tend to stay invested longer, experience less stress, make fewer emotional decisions and this leads to better compounding and more consistent long-term results.


Markets behave like this:

Short-term → noisy, unpredictable

Long-term → upward trending

But, If you check daily, your brain interprets investing as “Constant losses and risk” vs yearly checking your brain will experience “Mostly positive progress”.


For long-term investors:

Ideal review frequency: Quarterly or semi-annually

Avoid: Daily or weekly checking

Focus on: Long-term goals, Asset allocation, not short-term performance


Bottom line

Frequent monitoring does not improve returns. It increases stress and poor decision-making

The best investors are often those who:

-       Check less

-       React less

-       Stay invested


In simple terms:

The more often you look, the more risk you feel — even if the actual long-term risk hasn’t changed.

September 1, 2026
Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) van Suid-Afrika is ‘n staatsbeheerde batebestuurder wat tans meer as R3 triljoen bestuur namens die Government Employees Pension Fund (GEPF), die grootste pensioenfonds in Afrika. Die OBK is tans in die kollig oor kommer weens bestuur, politieke inmenging en die veiligheid van staatsamptenare se pensioengeld. Nuwe wetgewende verwikkelinge, insluitend die voorgestelde Pension Protection Bill, poog om die OBK se raad te depolitiseer en die fonds se integriteit te beskerm. Kortom, die huidige omstredenheid gaan nie bloot net oor die pensioenfonds self nie, maar veral oor hoe die OBK bestuur word en hoe onafhanklik dit van politieke invloed funksioneer. Die jongste verwikkelinge rondom die OBK blyk ernstig te wees. In Julie vanjaar is die uitvoerende hoof van die OBK, Patrick Dlamini, op voorsorgskorsing geplaas na ‘n fluitjieblaserklag. Verskeie nie-uitvoerende direkteure het ook bedank. Hierbenewens is daar ondersoeke deur die finansiële sektorreguleerder en daarmee saam ‘n hewige debat oor die rol van die minister en die OBK-raad. Hoop is op die DA se Ashor Sarupen, adjunk minister van finansies, geplaas om die nuwe uitvoerende hoof van die OBK te word. In stede daarvan het die ANC vir Seiso Mohai, adjunk minister van beplanning, monitering en evaluering, aangestel asook sewe nie-uitvoerende direksielede. Die GEPF het onlangs wysigings aan sy reëls ingestel, onder meer oor diensjare en oorlewende voordele. Hierdie tegniese aanpassings is belangrik, maar kan die OBK werklik die geld van miljoene werknemers beskerm? Vakbonde en burgerregte organisasies waarsku dat wanbestuur en korrupsie pensioengeld kan dreineer. Wetgewing is nou deur die DA voorgestel, die sogenaamde Pension Protection Bill, wat sal poog om die OBK se raad te depolitiseer. Die voorgestelde wet beoog onder meer onafhanklike aanstellings en ‘n nie-politieke voorsitter. Die hervormingsinisiatiewe kan beskou word as ‘n reaksie op ‘n breër krisis van vertroue. Voorstanders van depolitisering argumenteer dat onafhanklike toesig noodsaaklik is om die OBK se geloofwaardigheid te herstel en korrupsie te beperk. Kritici wys egter daarop dat probleme nie slegs in die samestelling van die raad lê nie, maar ook in die kultuur van bestuur en die gebrek aan konsekwente aanspreeklikheid. Die OBK-situasie illustreer dus die spanning tussen politieke verantwoordbaarheid en institusionele onafhanklikheid in staatsfinansies. Uiteindelik behoort die kernvraag eenvoudig die volgende te wees: Wie se geld is dit? Dit is nie die regering se geld nie. Dit is die aftreegeld van mense wat onderwys gegee, siekes versorg, polisiëring gedoen en ander openbare dienste gelewer het. Hulle het nie hulle pensioenbydraes gemaak om politieke doelwitte te finansier nie. Wanneer politiek, persoonlike belange en beleggingsbesluite in een vloei, is die prys die toekoms van gewone mense. Ten slotte. Die OBK en die GEPF bevind hulle op ‘n kritieke kruispad. Hervormings kan die pad baan na groter deursigtigheid en sekuriteit, maar die sukses daarvan hang af van daadwerklike implimentering en ‘n verbintenis tot goeie korporatiewe bestuur. Die OBK se stabibliteit is nie bloot ‘n tegniese kwessie nie; dit is ‘n toets vir die land se vermoë om groot staatsfondse verantwoordelik te bestuur en die belange van miljoene werknemers te beskerm. Geskryf deur Koos van die Waterberge vir Bovest
By PJ Botha September 1, 2026
Ek het self drie kinders en dink gereeld oor hoe en wanneer ’n mens hulle by die familie se finansies moet begin betrek. Waar trek ’n mens die lyn tussen om vir jou kinders goeie geleenthede te gee en om hulle te bederf? Moet hulle sakgeld ontvang? Moet hulle daarvoor werk, of moet dit gekoppel wees aan die waarde wat hulle skep? En wanneer begin ’n mens met hulle praat oor wat die familie besit en wat hulle moontlik eendag kan erf? Daar is baie verskillende sienings hieroor, en ek is nie seker dat daar net een regte manier is nie. Elke kind en elke familie verskil. Wat vir die een gesin werk, gaan nie noodwendig vir ’n ander werk nie. Waarvan ek wel al hoe meer oortuig raak, is dat ons met ons kinders oor geld móét praat. Die gesprek begin lank voor ’n erfenis Wanneer kinders nog jonk is, hoef die gesprek nie oor die waarde van die familie se beleggings of eiendom te gaan nie. Dit kan bloot begin by hoe geld werk. Hulle kan leer dat ’n mens nie alles kan kry wat jy wil hê nie. Geld word verdien, ’n deel word bestee, ’n deel word gespaar en ’n deel kan gebruik word om ander mense te help. Sakgeld kan ook deel van hierdie leerproses wees. Sommige ouers gee ’n vaste bedrag sodat kinders kan leer begroot. Ander verkies dat kinders daarvoor moet werk of op ’n manier waarde moet skep. Albei benaderings kan waarskynlik werk. Die belangrikste is dat kinders begin verstaan dat geld keuses, verantwoordelikheid en gevolge meebring. Namate hulle ouer word, kan die gesprek ontwikkel. Hulle kan meer leer oor skuld, belasting, beleggings, saamgestelde groei en waarom ’n mens soms vandag iets prysgee om later meer keuses te hê. Dit beteken nie dat ’n mens noodwendig vir hulle presies hoef te vertel hoeveel geld daar is nie. Om kinders finansieel op te voed en om die familie se finansiële syfers bekend te maak, is nie dieselfde ding nie. Wat ons by ouer kliënte sien Hierdie gesprek word belangriker namate ouers ouer word. Ons sien gereeld families waarin die ouers al die finansiële besluite geneem het, terwyl die kinders min weet van hoe die familie se sake gestruktureer is. Die kinders weet dalk nie waar die beleggings gehou word, wie die adviseurs is, wat in die testament staan of wat die plan vir die besigheid, plaas of ander eiendom is nie. Dit raak veral belangrik wanneer daar verskillende bates en verskillende kinders betrokke is. Gaan die besigheid na een kind? Gaan die plaas na ’n ander? Hoe word die ander kinders billik behandel? Is daar genoeg kontant in die boedel om belasting, koste en ander verpligtinge te betaal, of sal bates noodgedwonge verkoop moet word? Dit is nie maklike gesprekke nie. Ons stel dit dikwels uit omdat niemand graag oor afsterwe wil praat nie. Dit voel ongemaklik en ver weg. Die ironie is egter dat ons almal weet dit gaan een of ander tyd gebeur. Ons weet net nie wanneer nie. Maak dit ’n menslike gesprek ’n Familiegesprek oor finansies hoef nie ’n formele vergadering te wees waarin elke bedrag en dokument op die tafel geplaas word nie. Dit kan eenvoudig begin met: “Ons wil hê julle moet verstaan hoe ons sake werk en wat die plan sal wees indien iets met ons gebeur.” Van daar af kan ’n mens verduidelik: Wie die belangrike adviseurs en kontakpersone is. Waar die testament en ander dokumente gehou word. Hoe die beleggings, trust, besigheid of plaas gestruktureer is. Wat met die verskillende bates behoort te gebeur. Wie waarskynlik verantwoordelikheid vir bepaalde sake sal aanvaar. Waarom sekere besluite geneem is. Dit gee kinders ook die geleentheid om vrae te vra en moontlike misverstande uit die weg te ruim terwyl die ouers nog self die redes vir hul besluite kan verduidelik. Begin by die waardes, nie die waarde nie Die belangrikste gesprek gaan waarskynlik nie oor presies hoeveel geld daar is nie. Dit gaan oor die verhaal agter die geld. Hoe is dit opgebou? Watter werk, opofferings en risiko’s was nodig? Watter geleenthede moet dit skep? En watter verantwoordelikheid kom daarmee saam? Goeie boedelbeplanning gaan dus oor meer as ’n testament, belasting en voldoende kontant in die boedel. Dit gaan ook daaroor om die mense wat die bates gaan ontvang, voor te berei vir die verantwoordelikheid wat daarmee saamkom. Ons moet daarom nie net vra: “Wat gaan ons kinders eendag erf?” Ons moet ook vra: “Verstaan hulle wat hulle gaan erf, waarom dit opgebou is en wat ons hoop hulle daarmee sal doen?” Daar is dalk nie een regte manier om met kinders oor geld te praat nie. Maar om nooit daaroor te praat nie, is waarskynlik die grootste risiko van almal.