Die Stygende Lewenskoste van Pensioenarisse

Dr. Riaan Botha • November 3, 2026

Die stygende lewenskoste of inflasie word elke jaar in berekening gebring wanneer huishoudelike begrotings aangepas word om te bepaal watter inkomste nodig gaan wees in die volgende jaar. Pensioenarisse is afhanklik van hul pensioen inkomste om uitgawes te finansier. Wat was die jaarlikse inflasiekoers volgens Statistieke SA in Desember 2025 gewees?


Die volgende uitgawes se jaarlikse inflasiekoers was: behuising 4,9%, water 6,9%, elektrisiteit 8,1%, versekering en finansiële dienste 7,0%, voedsel 12,2% en private mediese sorg 9,5%. Laas genoemde item was nie deel van die pakket van items wat Statistieke SA gebruik vir hul berekening van die hoofstroom inflasiekoers nie. Die hoofstroom inflasiekoers was 3.6%.


Pensioenarisse sal egter bevestig dat hul persoonlike lewenskoste meestal meer as 3.6% in 2025 gestyg het. Verskillende woonadresse in Suid Afrika ervaar verskillende prys stygingspatrone en dit is daarom raadsaam om jou aftree beplanning vroegtydig te doen. Die koste van behuising, munisipale belastingkoerse asook die beskikbaarheid van goeie mediese sorg is van die faktore wat in ag geneem moet word.


Pensioenarisse moet ’n strategie uitwerk oor hoe om stygende lewenskostes te bestuur. ’n Goeie wenk is om ’n benadering van finasiële buigbaarheid te volg. Beplanning realiseer soms anders as wat verwag word en dan is dit belangrik dat aanpassing aan lewensstyl en uitgawes tydig gemaak moet word.


Dit is belangrik dat ’n spaarsamige benadering tot jou uitgawes gevolg word. Net so belangrik is om te verseker dat die groei van jou beleggings in jou aftree portefeulje meer is as die stygende lewenskostes. Daar moet ook ’n noodfonds beskikbaar wees vir onvoorsiene terugslae soos ‘n mediese noodgeval.


In ’n verslag van die Internasional Monetoring Fund (IMF) wat verlede jaar gepubliseer is, word genoem dat pensioenarisse tans meer aktief is as die vorige geslag en gevolglik word die huidige sewentiger jariges gelyk gestel aan die vyftiger jariges van die vorige geslag. Daar word verwag dat die huidige geslag pensioenarisse nog 20 tot 30 jaar na aftrede gaan leef en daarom is professionele aftree beplanning meer noodsaaklik as in die verlede.

By PJ Botha • November 3, 2026
In conversations with people, and increasingly in the media, I hear the same message: “Just put everything in the S&P 500. Over time, it will all balance out.” There is sound reasoning behind investing in a broad share index over several decades. But that advice can overlook something important: your investment horizon and your ability to stay invested when markets fall. Even investors with decades ahead may need some of their money much sooner. During the dot-com crash, the S&P 500 fell approximately 49% from its peak in 2000 to its low in 2002. Imagine watching an investment of 1 million fall to roughly 510,000, excluding dividends and currency movements. It is easy to say you would remain invested; experiencing it can feel very different. Even the eventual winners suffered. Amazon’s share price fell approximately 94% between December 1999 and September 2001. An investment of $100,000 would temporarily have been worth around $6,000. Amazon survived and eventually flourished, but other businesses did not: Webvan and eToys entered bankruptcy in 2001, with shareholders facing the loss of their entire investment. Recovery is possible for a broad market; it is never assured for an individual company. If you need to draw an income, fund a major expense or simply find the losses unbearable, you may be forced—or tempted—to sell before markets recover. Different markets followed different paths. While US shares struggled, the JSE All Share initially rose approximately 52% between March 2000 and May 2002, before falling around 37% by April 2003. At that low, it was approximately 4% below its March 2000 starting level, excluding dividends. South Africa provided diversification, but its market still experienced a substantial decline along the way. Bonds also played an important role. Over the three calendar years from 2000 to 2002, US 10-year Treasury bonds delivered a cumulative return of approximately 42% in dollars, while South Africa’s All Bond Index returned approximately 63% in rand, including reinvested income. These are full-period returns, rather than peak-to-trough figures, but they show how different asset classes can support a portfolio when shares struggle. The Rand added another layer. It started 2000 at approximately R6.12 to the dollar and weakened dramatically, briefly reaching around R13.85 in December 2001. It subsequently recovered, briefly revisiting roughly R6.10 in December 2003 and trading around those levels again in July 2004. Rand weakness initially cushioned offshore losses for South African investors; the subsequent strengthening worked in the opposite direction. Moving offshore after a sharp currency decline can therefore introduce its own risks. Artificial intelligence (AI) is creating exciting opportunities today. The internet boom offers a useful reminder: a technology can change the world without every investment in it delivering a good return. The price paid and the expectations built into that price still matter. This does not mean a similar crash is imminent, or that investors should avoid the S&P 500. It means that an investment can be a useful part of a portfolio without being the right place for all your money. At Bovest, we build portfolios around your goals, income needs and investment horizon. Diversification across companies, sectors, countries, currencies and asset classes cannot prevent every loss, but it can reduce dependence on one outcome. The best portfolio is one that supports your financial goals—and that you can live with when markets become uncomfortable.
November 3, 2026
Die spoed en omvang waarteen inligting en ontledings in ons moderne tyd aangebied word, is verstommend. Ons hoef nie meer ure in biblioteke te sit om navorsing te doen nie. Die internet en kunsmatige intelligensie kan ingewikkelde onderwerpe verduidelik, uiteenlopende menings saamvat en ontledings aanbied. Hierteenoor leef ons in een van die mees problematiese tydperke van die wêreldgeskiedenis – geo-politieke verhoudinge is kompleks en gespanne en Westerse lande ervaar uiteenlopende intense uitdagings. Help al die inligting en ontledings ons noodwendig om beter besluite te neem? Ek dink nie so nie. Daar is een vermoë wat die internet nie kan bied nie - dit is menslike wysheid. Die Griekse filosoof, Socrates, sê hoe slimmer ons word hoe meer besef ons hoe min ons eintlik werklik weet: “Ek weet dat ek nie weet nie”. Miskien is dit die eerste teken van wysheid om nie deurgans antwoorde te hê nie, maar om eerder beter vrae te vra. Wysheid is nie om alles te weet nie, maar om te weet wat werklik saak maak. Dan kom ons weer terug by die kernvraag wat ons deesdae moet vra: “Maak die beskikbaarheid van kennis ons noodwendig wyser.” Nie noodwendig nie. Kennis gee vir ons feite en ontledings; wysheid vra egter meer. Dit vra besinning, oordeel, perspektief, selfkennis uit ervaring, en die vermoë om te onderskei tussen wat ons kan doen en wat ons behoort te doen. ‘n Mens kan boeke oor verlies lees, maar die dood van ‘n geliefde leer jou iets wat geen ontleding volledig kan oordra nie. Daar is ook ‘n oënskynlike verband tussen ouderdom en wysheid Ouderdom waarborg nie noodwendig wysheid nie. Sommige mense word oud sonder om besinnende vrae te vra en sonder om ooit uit hul foute te leer. Ervaring, daarteenoor, wat gekoppel is aan nadenke en selfondersoek, bring ‘n soort insig wat nie bloot uit die versameling van feite ontstaan nie. In die Bybelse boek, Spreuke, word wysheid in ‘n groter morele raamwerk geplaas. Kennis behoort met nederigheid, insig en verantwoordelike vermeng te word. Miskien is dit die paradoks van ons tyd: ons beskik oor al hoe meer antwoorde, maar die belangrikste vrae bly op ‘n menslike vlak. Wat is reg? Wat is genoeg? Wanneer moet ek swyg? Hierdie vrae vra meer as inligting. Hulle vra lewenservaring en insig. Die uitdaging van ons tyd is dus nie om meer kennis te versamel nie, maar om te leer hoe om dit wys te gebruik. Want kennis kan ons help om die wêreld te verander. Wysheid help jou om te besluit watter verandering die moeite werd is. Die kern van ons samelewinguitdagings in die tydperk waarin ons lewe is in werklikheid ‘n spanning tussen ons tegnologiese vermoëns en ons menslike vermoë om sinvol te oordeel. Ons het vandag dalk beter instrumente as ooit tevore, maar dit beteken nie dat ons noodwendig beter besluite neem, meer begrip vir mekaar het of gelukkiger saamleef nie. Hoe meer ek van die lewe leer, hoe minder klink absolute sekerheid na wysheid. Geskryf deur Koos van die Waterberge vir Bovest