Gewoontes vir Gelukkige Aftrede

Riaan Botha • March 7, 2025

Gewoontes speel ’n beslissende rol om ’n gelukkige aftrede te verseker.. Nie alle mense het gedurende hul werkende loopbaan die regte gewoontes gevorm om hul volle potensiaal as afgetredenes te kan bereik nie. Hoe kan die regte gewoontes gevorm word?

 

Deur die boek, “Gewoontes vir Gelukkige Aftrede” te lees, is ’n goeie beginpunt. Die boek is geskryf deur Riaan Botha en word uitgegee deur Bovest Wealth Management vir die gebruik van Bovest kliënte. Die inhoud van die boek gaan in die volgende nuusbriewe bespreek word. Hierdie boek gee erkenning aan die talle Bovest-kliënte wat oor die jare die gewoontes gevorm het om gelukkig te kan aftree. Hulle is vir ons ’n voorbeeld van mense vir wie aftrede die hoogtepunt in hul lewens is.

 

Aftrede is onteenseglik ’n belangrike fase in ons lewens, en waarskynlik die belangrikste. Aftrede verg beplanning en beplanning is die gevolg van goeie gewoontes.  Ons raad aan afgetredenes en mense wat beplan om af te tree, is om goeie gewoontes te kweek om hulle op die pad na ’n gelukkige aftrede te lei.

 

Om gelukkig af te tree is egter nie ’n gegewe nie. Jy benodig persoonlike doelwitte wat opgevolg moet word met die begeerte om die nodige regte gewoontes aan te leer. Dit vereis dikwels dat jy bereid moet wees om van jou gevestigde gewoontes te verander. In die soeke na jou persoonlike geluk gaan jou gewoontes uniek wees.


By Francois Le Clus May 28, 2025
Should you withdraw your Pension and pay off your home? It's perfectly normal to ask whether you should use your pension to pay off your home when leaving an employer. This decision involves weighing the tax on the withdrawal, the interest saved on your bond, the future growth of your pension fund, and the contributions needed to catch up. Example: Anne is 40 years old with a pension fund worth R3,500,000. She bought a home 10 years ago for R3,000,000 and bonded it over 20 years at an 11% interest rate, with monthly repayments of R30,965. After 10 years, her outstanding bond is R2,258,225. If she withdraws her pension, she’ll receive R2,408,300 after tax—enough to settle the bond and have some cash left over. By paying off the bond early: She saves R1,467,919 in interest. She frees up R30,965 in monthly cash flow. However, if she keeps the money invested, her pension could grow to R37,921,470 by age 65 (assuming 10% annual growth). To match this value after using her pension to pay off the bond, she’d need to invest R28,580 per month for the next 25 years. That’s R2,385 less than her current bond repayment, so she does save monthly—but only for the next 10 years. After that, she’s committed to investing R28,580/month for 25 years to break even.  Not everyone’s calculation is the same and there are endless amounts of permutations to this calculation, but it’s important to note that you need to consider all of these factors when making these crucial decisions.
By Riaan Botha May 28, 2025
Ons ontleed watter gewoontes meewerk om ’n gelukkige aftrede te verseker. Hierdie maand bespreek ons hoe om gesond te lewe tydens aftrede. Mediese kostes verhoog hoe ouer ons word. Die koste van ’n mediese fonds verhoog jaarliks met meer as die inflasiekoers en mediese uitgawes sal in die toekoms ’n al groter persentasie van ons persoonlike uitgawes vereis. Dit is daarom belangrik om so gesond as moontlik te leef. Hier is verskillende stappe wat gevolg kan word om gesond oud te word: Eet gesond. Moenie oorgewig wees nie. Word sterker deur oefeninge te doen wat jou spiermassa behou. Doen jaarliks mediese ondersoeke om te bepaal hoe gesond jy is. Beskerm jou gewrigte en beenstruktuur deur krag- en rek-oefeninge te doen. Verminder rook en alkohol-inname om jou kanse van kanker en ander siektes te beperk. Indien jy ’n familie-geskiedenis het van siektes soos kanker en hart-toestande. moet jy vir gereelde mediese toetse gaan om vroegtydig te bepaal of jy nie die siektes onder lede het nie. Verbeter jou liggaamsbalans deur oefeninge te doen soos om op een been te staan terwyl jy jou tande borsel. Hierdeur verseker jy dat jy nie gereeld jou liggaamsbalans verloor en val nie. Studies het bewys dat dit help om jou fisieke en geestelike gesondheid te behou deur sewe tot agt ure per nag te slaap. Hou jou brein-funksie of kognitiewe vermoë in ’n goeie toestand deur brein-oefeninge te doen, soos om nuwe stokperdjies te beoefen of memoriseringsoefeninge te doen. Volg ’n aktiewe sosiale lewe. Studies het getoon dat mense met ’n aktiewe sosiale lewe minder geheue-probleme ontwikkel. Hulle het ’n verminderde kans om eensaam te voel en depressief te word (Health Connection, Cooper, University Health Care, 9 September 2024).