Six Key Themes for 2025

Ruvan J Grobler • January 13, 2025

This year promises to be another wild one. These talking points are all driven by external factors that we as retail investors have no control over, but it's important to consider the effect that they can have on our portfolios. Both positive and negative outcomes will hold opportunities for patient investors.


  • Grey Listing: In February 2023 South Africa was placed on the Financial Action Task Force(FATF) grey list for not meeting international standards on prevention of money laundering and terrorist financing. The FATF will conduct an onsite visit in February 2025 to confirm which actions were taken and make its recommendation in June 2025. If we are successfully removed from the grey list, we can expect increased foreign investment into the South African economy.


  • SA Interest Rates: In 2024 the MPC finally started cutting rates and with the final meeting in November, the MPC reduced interest rates by 25 basis points bringing the prime lending rate to 11.25%. Economists are predicting further 50-75 basis point cuts throughout 2025. I personally believe we have scope for a bit more, but we have seen the MPC to be extremely conservative.


  • Donald Trump and South Africa: If Donald Trump pushes for US centred policies while renegotiating trade policies, global trade could be disrupted and might negatively affect South African exports. The AGOA agreement is set to expire in September 2025, but we hope to see it be extended again.


  • US Dollar Dominance: US Centred policies may cause volatility in global markets which can strengthen the Dollar. Emerging market currencies like the Rand may then weaken. This does however create opportunities for SA investors investing in Dollars.


  • Geopolitical Tension: Tensions have been high in recent years with the Russia-Ukraine conflict and recently with the Israel-Palestine conflict. We may however see tensions intensify between the US and China. This will disrupt global exports and put extra strain on China’s ailing economy. In 2024 foreign investors became net sellers of China stocks over these concerns.


  • Advancements in Artificial Intelligence(AI): It’s almost impossible to keep up with the new advancements in AI we see every day. As an example, *in December researchers at Stanford John Hopkins taught robots how to do medical procedures on their own. These advancements may keep on fuelling the growth in AI and tech stocks in 2025.


*https://www.washingtonpost.com/science/2024/12/22/robots-learn-surgical-tasks/?utm_source=superhuman&utm_medium=newsletter&utm_campaign=what-to-expect-at-ces-2025&_bhlid=a0ae4312fd577606199656c699bb259e1b38726c)


Ruvan J Grobler RFP™ (PGDip Financial Planning)


September 1, 2026
Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) van Suid-Afrika is ‘n staatsbeheerde batebestuurder wat tans meer as R3 triljoen bestuur namens die Government Employees Pension Fund (GEPF), die grootste pensioenfonds in Afrika. Die OBK is tans in die kollig oor kommer weens bestuur, politieke inmenging en die veiligheid van staatsamptenare se pensioengeld. Nuwe wetgewende verwikkelinge, insluitend die voorgestelde Pension Protection Bill, poog om die OBK se raad te depolitiseer en die fonds se integriteit te beskerm. Kortom, die huidige omstredenheid gaan nie bloot net oor die pensioenfonds self nie, maar veral oor hoe die OBK bestuur word en hoe onafhanklik dit van politieke invloed funksioneer. Die jongste verwikkelinge rondom die OBK blyk ernstig te wees. In Julie vanjaar is die uitvoerende hoof van die OBK, Patrick Dlamini, op voorsorgskorsing geplaas na ‘n fluitjieblaserklag. Verskeie nie-uitvoerende direkteure het ook bedank. Hierbenewens is daar ondersoeke deur die finansiële sektorreguleerder en daarmee saam ‘n hewige debat oor die rol van die minister en die OBK-raad. Hoop is op die DA se Ashor Sarupen, adjunk minister van finansies, geplaas om die nuwe uitvoerende hoof van die OBK te word. In stede daarvan het die ANC vir Seiso Mohai, adjunk minister van beplanning, monitering en evaluering, aangestel asook sewe nie-uitvoerende direksielede. Die GEPF het onlangs wysigings aan sy reëls ingestel, onder meer oor diensjare en oorlewende voordele. Hierdie tegniese aanpassings is belangrik, maar kan die OBK werklik die geld van miljoene werknemers beskerm? Vakbonde en burgerregte organisasies waarsku dat wanbestuur en korrupsie pensioengeld kan dreineer. Wetgewing is nou deur die DA voorgestel, die sogenaamde Pension Protection Bill, wat sal poog om die OBK se raad te depolitiseer. Die voorgestelde wet beoog onder meer onafhanklike aanstellings en ‘n nie-politieke voorsitter. Die hervormingsinisiatiewe kan beskou word as ‘n reaksie op ‘n breër krisis van vertroue. Voorstanders van depolitisering argumenteer dat onafhanklike toesig noodsaaklik is om die OBK se geloofwaardigheid te herstel en korrupsie te beperk. Kritici wys egter daarop dat probleme nie slegs in die samestelling van die raad lê nie, maar ook in die kultuur van bestuur en die gebrek aan konsekwente aanspreeklikheid. Die OBK-situasie illustreer dus die spanning tussen politieke verantwoordbaarheid en institusionele onafhanklikheid in staatsfinansies. Uiteindelik behoort die kernvraag eenvoudig die volgende te wees: Wie se geld is dit? Dit is nie die regering se geld nie. Dit is die aftreegeld van mense wat onderwys gegee, siekes versorg, polisiëring gedoen en ander openbare dienste gelewer het. Hulle het nie hulle pensioenbydraes gemaak om politieke doelwitte te finansier nie. Wanneer politiek, persoonlike belange en beleggingsbesluite in een vloei, is die prys die toekoms van gewone mense. Ten slotte. Die OBK en die GEPF bevind hulle op ‘n kritieke kruispad. Hervormings kan die pad baan na groter deursigtigheid en sekuriteit, maar die sukses daarvan hang af van daadwerklike implimentering en ‘n verbintenis tot goeie korporatiewe bestuur. Die OBK se stabibliteit is nie bloot ‘n tegniese kwessie nie; dit is ‘n toets vir die land se vermoë om groot staatsfondse verantwoordelik te bestuur en die belange van miljoene werknemers te beskerm. Geskryf deur Koos van die Waterberge vir Bovest
By PJ Botha September 1, 2026
Ek het self drie kinders en dink gereeld oor hoe en wanneer ’n mens hulle by die familie se finansies moet begin betrek. Waar trek ’n mens die lyn tussen om vir jou kinders goeie geleenthede te gee en om hulle te bederf? Moet hulle sakgeld ontvang? Moet hulle daarvoor werk, of moet dit gekoppel wees aan die waarde wat hulle skep? En wanneer begin ’n mens met hulle praat oor wat die familie besit en wat hulle moontlik eendag kan erf? Daar is baie verskillende sienings hieroor, en ek is nie seker dat daar net een regte manier is nie. Elke kind en elke familie verskil. Wat vir die een gesin werk, gaan nie noodwendig vir ’n ander werk nie. Waarvan ek wel al hoe meer oortuig raak, is dat ons met ons kinders oor geld móét praat. Die gesprek begin lank voor ’n erfenis Wanneer kinders nog jonk is, hoef die gesprek nie oor die waarde van die familie se beleggings of eiendom te gaan nie. Dit kan bloot begin by hoe geld werk. Hulle kan leer dat ’n mens nie alles kan kry wat jy wil hê nie. Geld word verdien, ’n deel word bestee, ’n deel word gespaar en ’n deel kan gebruik word om ander mense te help. Sakgeld kan ook deel van hierdie leerproses wees. Sommige ouers gee ’n vaste bedrag sodat kinders kan leer begroot. Ander verkies dat kinders daarvoor moet werk of op ’n manier waarde moet skep. Albei benaderings kan waarskynlik werk. Die belangrikste is dat kinders begin verstaan dat geld keuses, verantwoordelikheid en gevolge meebring. Namate hulle ouer word, kan die gesprek ontwikkel. Hulle kan meer leer oor skuld, belasting, beleggings, saamgestelde groei en waarom ’n mens soms vandag iets prysgee om later meer keuses te hê. Dit beteken nie dat ’n mens noodwendig vir hulle presies hoef te vertel hoeveel geld daar is nie. Om kinders finansieel op te voed en om die familie se finansiële syfers bekend te maak, is nie dieselfde ding nie. Wat ons by ouer kliënte sien Hierdie gesprek word belangriker namate ouers ouer word. Ons sien gereeld families waarin die ouers al die finansiële besluite geneem het, terwyl die kinders min weet van hoe die familie se sake gestruktureer is. Die kinders weet dalk nie waar die beleggings gehou word, wie die adviseurs is, wat in die testament staan of wat die plan vir die besigheid, plaas of ander eiendom is nie. Dit raak veral belangrik wanneer daar verskillende bates en verskillende kinders betrokke is. Gaan die besigheid na een kind? Gaan die plaas na ’n ander? Hoe word die ander kinders billik behandel? Is daar genoeg kontant in die boedel om belasting, koste en ander verpligtinge te betaal, of sal bates noodgedwonge verkoop moet word? Dit is nie maklike gesprekke nie. Ons stel dit dikwels uit omdat niemand graag oor afsterwe wil praat nie. Dit voel ongemaklik en ver weg. Die ironie is egter dat ons almal weet dit gaan een of ander tyd gebeur. Ons weet net nie wanneer nie. Maak dit ’n menslike gesprek ’n Familiegesprek oor finansies hoef nie ’n formele vergadering te wees waarin elke bedrag en dokument op die tafel geplaas word nie. Dit kan eenvoudig begin met: “Ons wil hê julle moet verstaan hoe ons sake werk en wat die plan sal wees indien iets met ons gebeur.” Van daar af kan ’n mens verduidelik: Wie die belangrike adviseurs en kontakpersone is. Waar die testament en ander dokumente gehou word. Hoe die beleggings, trust, besigheid of plaas gestruktureer is. Wat met die verskillende bates behoort te gebeur. Wie waarskynlik verantwoordelikheid vir bepaalde sake sal aanvaar. Waarom sekere besluite geneem is. Dit gee kinders ook die geleentheid om vrae te vra en moontlike misverstande uit die weg te ruim terwyl die ouers nog self die redes vir hul besluite kan verduidelik. Begin by die waardes, nie die waarde nie Die belangrikste gesprek gaan waarskynlik nie oor presies hoeveel geld daar is nie. Dit gaan oor die verhaal agter die geld. Hoe is dit opgebou? Watter werk, opofferings en risiko’s was nodig? Watter geleenthede moet dit skep? En watter verantwoordelikheid kom daarmee saam? Goeie boedelbeplanning gaan dus oor meer as ’n testament, belasting en voldoende kontant in die boedel. Dit gaan ook daaroor om die mense wat die bates gaan ontvang, voor te berei vir die verantwoordelikheid wat daarmee saamkom. Ons moet daarom nie net vra: “Wat gaan ons kinders eendag erf?” Ons moet ook vra: “Verstaan hulle wat hulle gaan erf, waarom dit opgebou is en wat ons hoop hulle daarmee sal doen?” Daar is dalk nie een regte manier om met kinders oor geld te praat nie. Maar om nooit daaroor te praat nie, is waarskynlik die grootste risiko van almal.