WAT KAN JY VERWAG TYDENS JOU WELVAARTSREIS IN 2025?

Riaan Botha • December 5, 2024

Ons weet dat die omskrywing “welvaart” meer as die geld situasie van ‘n persoon beskryf. Dit raak ook die”welstand van ’n persoon “ wat deur sy/haar finansiële situasie geraak word. Met die leuse “Jou welvaart ons prioriteit” poog Bovest om deur middel van professionele finansiële beplanning, publikasies en die sosiale media om elke leser te bemagtig om hul persoonlike welvaart te verbeter.


Die finansiële markte in Suid Afrika het in 2024 as gevolg van ‘n  rentekoers verlagende siklus asook die instelling van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) goed presteer. Die heersende positiewe sentiment in die ekonomie sal na  verwagting voortduur en daar kan verwag word dat rentekoerse verder sal daal. Hierdie faktore kan meewerk dat 2025 weereens ’n goeie jaar vir beleggers in die plaaslike groei bate-klasse sal wees.


Beduidende politieke veranderinge het ook hierdie jaar in Suid Afrika plaasgevind met die ANC wat sy meerderheid by die stembus tydens die Nasionale en Provinsiale Algemene verkiesing.verloor het. Die voortspruitende vorming van die RNE is deur die finansiële markte goed ontvang. Dit het ’n dinamiese tydperk in die plaaslike politiek ingelui omdat besluite deur middel van konsensus geneem moet word.


Internasionale finansiële markte gaan die inhuldiging van Pres Trump in Januarie 2025 verwerk. Aangesien dit sy tweede termyn is, kan verwag word dat hy volstoom sy verkiesingsbeloftes gaan implimenteer. Daar sal veral met afwagting gekyk word na wat die ekonomiese implikasies gaan wees as hy sy  dreigiment om bestaande handelstariewe op invoerbelasting na die VSA te hersien, implimenteer.



Bovest wil graag sy kliënte bedank vir hul lojale ondersteuning gedurende die afgelope jaar. Mag julle saam met julle geliefdes die vrede van Christus tydens kersfees ervaar. Die wens word uitgespreek dat die wat met vakansie gaan, veilig sal reis en uitgerus terugkeer vir 2025.

 

Riaan Botha


By Dr. Riaan Botha March 4, 2026
Beleggers is onseker oor wat die invloed van die oorlog in die Midde-Ooste op hul beleggingsportefeuljes gaan wees. Gaan die vernietiging van infra-struktuur, die wisseling in die prys van olie en die sterkte van die Suid-Afrikaanse geld eenheid teenoor die Amerikaanse dollar die prestasie van hul beleggingsportefeuljes nadelig raak? Niemand weet ook nie hoe lank die oorlog gaan duur en of vyandighede gaan uitbrei na ander lande nie. Dit is egter belangrik om die volgende rakende Bovest se beleggingsportefeuljes te onthou: Diversifikasie . Portefeuljes is saamgestel uit die verskillende bateklasse naamlik aandele, efekte, kontant en gelyste eiendom. Indien die olie pryse styg weens ’n tydelike tekort aan olie gaan sekere aandele se pryse daal. Die ander bate-klasse sal egter nie so negatief geraak word nie. Verskillende beleggingsfondse . Die Fonds van Fondse (FoF) metodiek word gebruik om beleggingsportefeuljes saam te stel. Dit verseker dat beleggingsportefeuljes vinnig herstel na onvoorsiene gebeure soos oorloë of natuurrampe. Die verskil in die beleggingstyle van die verskillende fondsbestuurders verseker ook bo-gemiddelde beleggingsprestasie. Aktiewe bestuur. Die beleggingskomitee bestuur die beleggingsportefeuljes aktief deur die verskillende ekonomiese siklusse. Beleggers het anders as spekulante ’n lang termyn benadering oor beleggingsprestasie. Die onlangse geskiedenis met die Covid-pandemie asook die finansiële krisus van 2008 het bewys dat geduld bo-gemiddelde beleggings prestasie verseker. Alhoewel die huidige oorlog in die Midde-Ooste finansiële markte nadelig raak, weet ons dat ons as beleggers geduldig moet wees om hierdie onseker tye te deurstaan en nie emosionele veranderings aan portefeuljes maak nie. Indien lesers enige navrae oor hul portefeuljes het, kan hulle hul Bovest adviseur skakel.
March 3, 2026
Dit is tyd om ankers op die plaas op te trek. Van Wyk Louw het gesê as die getye verander moet jy die bakens verskuif. Ons moet los items verkoop, moet minder maak, die volgende lewe vereis ‘n eenvoudiger bestaan met minder lewensgoedere binne kleiner spasies. Ons durf die proses moedig aan en dit neem tyd. Daar is ‘n menigde afvalmetaal items op die plaas en dit moet verwyder word – ironies, ook dit moet ‘n nuwe lewensfase in ‘n nuwe omgewing binnegaan. Ons laai die eerste vrag van vele. Daar is metaalpype, heiningmateriaal, stukke van ou landbouimplemente, en haas enige iets wat een of ander metaal bevat. My eindbestemming is Modimolle se skrootwerf. By die ingang is daar ‘n ketting wat toegang reguleer. Ek word beveel om bo-op ‘n metaalstrook te ry, net om later agter te kom dat dit eintlik ‘n weegbrug behels – ‘n noodsaaklike kritiese item in die proses van metaalverhandeling. Ek moet uitklim want saam word ek nie geweeg nie. Ek dink…in my huidige kondisie sou ek nogal ‘n goeie opbrengs in skrootmetaalpryse kon behaal. ‘n Werker in ‘n kantoortjie teken die gekombineerde gewig van die voertuig en vrag aan. Van hier word die vrag stuk-stuk volgens die soort metaal afgelaai. ‘n Man wys my die pad aan tussen hope metaalitems. ‘n Besige landskap van bedrywighede ontvou voor my – vurkhysers, trekkers, blouvlamme wat metaal opsny, waentjies wat afval na hulle bestemmings op die perseel vervoer en arbeiders wat lorries en sleepwaens aflaai. Eenkant lê ‘n wrak van ‘n motor, ‘n laaste staanplek voordat dit in stukke opgesny en inmekaar gepers sal word. Terwyl ek staar kan ek nie help om ‘n vermenslikte beeld in die motor te sien nie. Dit lyk vir my soos iemand wie se wiele afgekom het, voor is dit in die bek geskop en van agter het dit ‘n gatskop gekry. Dit het ook nie meer visie nie, want die voorruit is aan vlarde. Wat ‘n droewige gesig. Ons begin aflaai. Elke soort metaal kry sy eie tuiste, koper hier, alimunium daar, brons in ‘n drom wat geel gemerk is. Elke keer na ‘n spesifieke metaal afgelaai is, moet die voertuig terug skaal toe om die gewig van ‘n metaal te bepaal. Uit die aard van die saak verskil metale se pryse, Binne my aanvanklike beeld van skrootchaos, ontluik daar ‘n onderliggende nougesette en presiese ordeningsproses. Die aflaai self vorm ‘n ritmiese proses, ‘n stille doelgerigtheid in kontras met die ruwwe aard van die omgewing. ‘n Indruk tref my. Hierdie versameling van skroot, in teenstelling met wat meeste mense as afval sal beskou, word met metodologiese sorg hanteer. Dit is nie net ‘n stortingsarea nie, dit is ‘n sorteringsterrein waar die oorblyfsels van industrieële komponente nuwe waarde vind – elke item word sorgvuldig uitgesoek, geweeg, geprys, en uiteindelik herwin tot nuwe bruikbaarheid. Die laaste item word afgelaai. Ek word verwys na die betaalkantoor en stap die trappe op. ‘n Vriendelike dame groet my. Haar naam is Elsabe. Sy is druk besig om al die berekeninge te doen. Ek vra: “Elsabe, kry ek darem genoeg geld om ‘n draai by die Spur te maak?” “Ja oom, en genoeg vir ‘n voorgereg ook”  Ek ry weg met kontant in die hand en met ‘n dieper begrip van ‘n nuwe wêreld wat ek nie voorheen geken het nie. Dit wat aanvanklik as ‘n eenvoudige taak begin het, het voortgevloei in ‘n begripvolle blik op ‘n nywerheid wat ons moderne bestaan op ‘n positiewe wyse rugsteun. Agter elke hoop rommel is daar in werklikheid ‘n storie.