FAKTORE WAT JOU WELVAART IN 2025 KAN BEïNVLOED

Riaan Botha • January 17, 2025

Aan die begin van elke jaar is dit menslik dat ons wonder of ons welvaartsportefeulje reg gestruktureer is vir die jaar wat voorlê. Kom ons kyk in die kristalbal wat moontlik kan gebeur:

Plaaslik:


  • Inflasie in Suid Afrika is onder beheer en daarom kan ons verwag dat die plaaslike rentekoerse sal verlaag. Geskiedenis wys egter dat die rentekoers situasie in die VSA ’n bepalende rol speel in plaaslike rentekoers veranderinge.


  • Die stimulasie van die Suid Afrikaanse ekonomie is ’n prioriteit van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) met die doel om werk te kan skep. Gevolglik sal samewerking tussen die privaat sektor en die regering veroorsaak dat JSE gelyste maatskappye groter wins sal maak en gevolglik kan pryse van die aandele van die betrokke maatskappye op die JSE styg. Ekonome verwag ’n 1,7% reële ekonomiese groei vir 2025 in Suid Afrika.


  • Die prys/verdienste verhouding van aandele op die JSE wys dat die aandeelpryse in verhouding tot hulle verdienstes goedkoop is en daarom kan verwag word dat maatskappye met bo gemiddelde verdienste se pryse sal styg.


  • Effekte/bonds se pryse het na die inwerkingstelling van die RNE aanvanklik bo- gemiddeld gestyg maar later weer sydelings beweeg. In ’n rentekoers dalende siklus styg effekte se pryse gewoonlik en daarom kan ons verwag dat in gunstige ekonomiese toestande die groei op beleggings in effekte sal styg.


Internasionaal:


  • Indien die verkiesingsbeloftes van Pres Tump om onder andere invoer tariewe  in te stel, geimplimenteer word, sal dit finansiële markte internasionaal raak.


  • Die onlangse arbeidsmark statistieke in die VSA toon dat die ekonomie steeds sterk groei. Inflasie vrese kan veroorsaak dat rentekoerse in die VSA langer hoog sal bly.


  • Geo -politieke spanninge bring onsekerheid by beleggers omdat hulle gekonfronteer word met die vraag of hulle risiko moet neem of eerder kapitaal moet beskerm?


  • Gaan die ekonomiese inisiatiewe van China om hul ekonomie te stimuleer, suksesvol wees en hoe gaan hul ekonomie reageer indien die VSA invoertariewe instel? Die antwoord op hierdie vraag sal ’n invloed uitoefen op aandelepryse in China .


  • Gevestigde ekonomië se effekte/bonds se verdienste is laag in verhouding met die van die onwikkelende ekonomië. Indien die effekte in gevestigde ekonomië beter presteer agv dalende rentekoerse, kan hul vir beleggings oorweeg word.

 

 

Riaan Botha

15 Januarie 2025 


By PJ Botha September 4, 2025
For a long time, the South African Reserve Bank (SARB) prohibited money from being transferred directly from local trusts to offshore trusts. You may have had offshore exposure in your local trust through asset swops and other investment vehicles, but if you want to distribute to overseas beneficiaries, you must first withdraw funds from the trust and then transfer to them through the SARB. This recently changed. SARS declared that beginning August 1, 2023, it will evaluate and possibly approve petitions to transfer funds from South African trusts to offshore trusts. This adjustment coincides with the South African Reserve Bank's (SARB) recent relaxation of several currency control regulations. While this new alternative provides numerous prospects, there are tight criteria and a thorough application process. If you are an investor or trustee, you must understand these requirements. There is certainly no one-size-fits-all answer, and the drawbacks and benefits should be examined while deciding. Drawbacks: 1. Complex Regulatory Requirements. • Strict compliance required: The procedure is extensive, necessitating meticulous documentation and adherence to both SARS and SARB regulations. • Long approval process: Each application is assessed individually, which can take weeks or even months. 2. Cost • Legal, tax, and accounting assistance can be costly. • Administrative burden: Extensive documentation and regular reporting increase management time and expenses. 3. Tax obligations • The South African trust must pay all relevant taxes (capital gains, dividends, etc.) before distribution, preventing tax deferral to the recipient. Money held in a trust is often taxed at a higher rate than money held in the name of a company or individual. 4. Uncertainty and Evolving Practice • New regulations may impact future distributions and compliance needs. • Disputes: Failure to meet SARS or SARB rules may result in delayed or refused distributions. Benefits: 1. Global Wealth Diversification. Offshore trusts may provide superior asset protection during political or economic volatility in South Africa. 2. Succession and Estate Planning • Multi-Jurisdictional Estate Planning: This allows families with members living in different countries to structure their affairs more efficiently. • Offshore trusts facilitate the transfer of money to beneficiaries outside South Africa, simplifying inheritance processes. 3. Tax preparation • Offshore trusts can optimise worldwide tax positions with proper preparation and professional counsel, but must follow all applicable requirements. 4. Regulatory Clarity • Official Approval: SARS and SARB now provide clear protocols for trustees and investors, eliminating legal risks. The ability to transfer money from a South African trust to an offshore trust is a useful tool for global estate and investment planning. Professional guidance is essential to maximise benefits and avoid pitfalls.
By Riaan Botha September 4, 2025
’n Nuwe denke oor ouderdom. ‘n Positiewe benadering oor verouderdom word gevorm as gevolg van die ontwikkeling van tegnologie en die mediese wetenskap. Statistieke wys dat die mens langer neem om te verouder en op ’n hoër ouderdom afsterf. Met veroudering word nuwe perspektiewe oor verhoudings met familie en vriende gevorm. ’n Groter dringendheid bestaan om beplanning uit te voer. Daar is ’n besef dat die tyd aanstap en dat elke oomblik geniet moet word. Die gewoonte om uit te stel en eers later belangrike momente in jou lewe te wil ervaar, verander. Daar is ’n besef dat die liggaam verouder maar dat die innerlike self steeds wil vernuwe. Laasgenoemde kan aangehelp word deur positiewe denke en gewoontes soos om terug te gee aan die plaaslike gemeenskap, om kennis te deel deur om te skryf of om onderrig te gee. Daar kan selfs oorweeg word om ’n nuwe vaardigheid aan te leer. Een van ons kliente wat ’n afgetrede predikant is, het na aftrede begin om klavierlesse te neem terwyl ander persone ’n nuwe plaaslike taal aangeleer het. Mediese kostes  Volgens Stats SA se verslag “Profile of older persons in SA” wat in 2023 gepubliseer is, het die gedeelte van die SA bevolking wat ouer as 60 jaar is, verhoog van 7,0% in 1996 tot 9,8% in 2022. Wanneer die bevolking per groep ontleed word, maak die 60 jaar en ouer gedeelte van die betrokke groep die volgende uit: Blankes ongeveer 29%, Indiërs/Asiate 16,5%, Kleurlinge 10,9% en Swartes 7,8%. Hiervan gebruik ongeveer 50% kroniese medisyne, 20% gebruik brille, 10% dra gehoortoestelle en 5% is in rolstoele.Hierdie ondersteunende toestelle is duur en word nie altyd ten volle deur mediese fondse betaal nie. Die verslag noem ook dat meer as 50% van persone ouer as 60 leef in huishoudings wat uitgebreide families huisves. Mediese uitgawes is seker een van die belangrikste items in ’n afgetredene se begroting. Dit is ’n ongelukkige verskynsel dat mediese kostes met ouderdom verhoog. Die koste van ’n mediese fonds verhoog jaarliks met 3% tot 5% meer as die inflasiekoers en sal ’n al groter persentasie van ons persoonlike uitgawes vereis. Om die regte mediese fonds volgens persoonlike mediese kondisies te kies, speel ’n belangrike rol om deurlopende mediese uitgawes te beperk. Gap Cover kan ’n belangrike rol speel wanneer mediese fondsvoordele nie al die werklike mediese uitgawes dek nie. ’n Versekeringsproduk wat sal uitbetaal wanneer een van die gevreesde siekte opgedoen word, kan ook help om onverwagte mediese uitgawes te dek. RIAAN BOTHA