DIE REGERING VAN NASIONALE EENHEID EN JOU BELEGGINGSPORTEFEULJE

Riaan Botha • July 30, 2024

DIE REGERING VAN NASIONALE EENHEID EN JOU BELEGGINGSPORTEFEULJE


Die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) het ’n positiewe invloed op beleggingsportefeuljes omdat die beleggings in plaaslike aandele en effekte (bonds) se pryse sedert die tot standkoming van die RNE gestyg het. Waarom het hierdie positiewe tendens plaasgevind?


Op die kort termyn het ‘n positiewe sentiment ontstaan omdat politieke partye wat ’n groter rol vir die privaat sektor in ekonomiese groei voorstaan, deel van die RNE is.  Sedert die RNE ingehuldig is, het die pryse van aandele op die Johannesburg Sock Exchange (JSE) gestyg omdat beleggers verwag dat die verdienste van die maatskappye wat voordeel gaan trek uit regeringsaktiwiteite gaan styg, Dit is veral aandele van plaaslike banke en kleinhandelaars wat gewild is.


Die koerse van effekte (bonds ) het gedurende genoemde periode gedaal en gevolglik het die beleggingswaarde van bestaande effekte gestyg.


Op die medium termyn word daar verwag dat die plaaslike rentekoerse (moonlik alreeds gedurende September 2024) gaan verlaag en gevolglik sal ’n dalende rentekoers siklus ook ’n positewe invloed op beide die beleggings in die JSE asook effekte uitoefen.


Sedert die rentekoerse gedurende 2022 gestyg het, het talle beleggers geld in die geldmarkte by die banke gaan belê. Die inkomste belasting implikasies vir rente draende beleggings is dat belasing vrystelling vir persone jonger as 65 jaar R 23 800 is en vir persone 65 jaar en ouer is die vrystelling R 34 800, waarna die rente onvang as ’n inkomste belas word volgens persoonlike belastingskale. Dit is daarom belangrik dat beleggers in die geldmark moet seker maak wat die na-belaste groeikoers van hul beleggings is.


Beleggers in die huidige veranderende beleggingsomgewing  moet ’n evaluering van hul bestaande beleggingsportefeuljes doen om seker te maak dat hul bestaande beleggings steeds die beste na-belaste opbrengs, volgens die betrokke persoon se risiko profiel, lewer. Indien daar enige onsekerheid bestaan, word aanbeveel dat van die professionele kundigheid van Bovest se adviseurs gebruik gemaak word.


By Francois Le Clus May 28, 2025
Should you withdraw your Pension and pay off your home? It's perfectly normal to ask whether you should use your pension to pay off your home when leaving an employer. This decision involves weighing the tax on the withdrawal, the interest saved on your bond, the future growth of your pension fund, and the contributions needed to catch up. Example: Anne is 40 years old with a pension fund worth R3,500,000. She bought a home 10 years ago for R3,000,000 and bonded it over 20 years at an 11% interest rate, with monthly repayments of R30,965. After 10 years, her outstanding bond is R2,258,225. If she withdraws her pension, she’ll receive R2,408,300 after tax—enough to settle the bond and have some cash left over. By paying off the bond early: She saves R1,467,919 in interest. She frees up R30,965 in monthly cash flow. However, if she keeps the money invested, her pension could grow to R37,921,470 by age 65 (assuming 10% annual growth). To match this value after using her pension to pay off the bond, she’d need to invest R28,580 per month for the next 25 years. That’s R2,385 less than her current bond repayment, so she does save monthly—but only for the next 10 years. After that, she’s committed to investing R28,580/month for 25 years to break even.  Not everyone’s calculation is the same and there are endless amounts of permutations to this calculation, but it’s important to note that you need to consider all of these factors when making these crucial decisions.
By Riaan Botha May 28, 2025
Ons ontleed watter gewoontes meewerk om ’n gelukkige aftrede te verseker. Hierdie maand bespreek ons hoe om gesond te lewe tydens aftrede. Mediese kostes verhoog hoe ouer ons word. Die koste van ’n mediese fonds verhoog jaarliks met meer as die inflasiekoers en mediese uitgawes sal in die toekoms ’n al groter persentasie van ons persoonlike uitgawes vereis. Dit is daarom belangrik om so gesond as moontlik te leef. Hier is verskillende stappe wat gevolg kan word om gesond oud te word: Eet gesond. Moenie oorgewig wees nie. Word sterker deur oefeninge te doen wat jou spiermassa behou. Doen jaarliks mediese ondersoeke om te bepaal hoe gesond jy is. Beskerm jou gewrigte en beenstruktuur deur krag- en rek-oefeninge te doen. Verminder rook en alkohol-inname om jou kanse van kanker en ander siektes te beperk. Indien jy ’n familie-geskiedenis het van siektes soos kanker en hart-toestande. moet jy vir gereelde mediese toetse gaan om vroegtydig te bepaal of jy nie die siektes onder lede het nie. Verbeter jou liggaamsbalans deur oefeninge te doen soos om op een been te staan terwyl jy jou tande borsel. Hierdeur verseker jy dat jy nie gereeld jou liggaamsbalans verloor en val nie. Studies het bewys dat dit help om jou fisieke en geestelike gesondheid te behou deur sewe tot agt ure per nag te slaap. Hou jou brein-funksie of kognitiewe vermoë in ’n goeie toestand deur brein-oefeninge te doen, soos om nuwe stokperdjies te beoefen of memoriseringsoefeninge te doen. Volg ’n aktiewe sosiale lewe. Studies het getoon dat mense met ’n aktiewe sosiale lewe minder geheue-probleme ontwikkel. Hulle het ’n verminderde kans om eensaam te voel en depressief te word (Health Connection, Cooper, University Health Care, 9 September 2024).