GEWOONTES VIR GELUKKIGE AFTREDE

Riaan Botha • July 30, 2025

Inleiding


Aftrede is onteenseglik ’n belangrike fase in jou lewe, en waarskynlik die belangrikste. Dit is die samevoeging van voorafgaande fases, soos opleiding en inkomsteskepping, en as persone nie gereed is vir aftrede nie, kan die lewe traumaties wees. Daar bestaan talle onsekerhede tydens aftrede soos die lengte daarvan, gesondheid en beskikbare finansies.


Raad aan persone wat beplan om af te tree, is om tydig met die welvaart beplannings proses te begin – hoe gouer hoe beter. Jy benodig persoonlike welvaart doelwitte wat opgevolg moet word met die begeerte om die regte gewoontes aan te leer. Dit word soms vereis dat jy bereid moet wees om van jou gevestigde gewoontes te verander in die soeke na persoonlike geluk.


Uit ons interaksie met kliënte wat op aftrede staan of reeds afgetree het, kon ons waarneem dat hierdie benadering prakties en logies is, met positiewe, tasbare gevolge. Hier volg ’n paar gedagtes oor welvaart gewoontes waarvan die leser kennis moet neem.


’n Nuwe denke oor ouderdom.


‘n Positiewe benadering oor verouderdom word gevorm as gevolg van die ontwikkeling van tegnologie en die mediese wetenskap. Statistieke wys dat die mens langer neem om te verouder en op ’n hoër ouderdom afsterf.


Met veroudering word nuwe perspektiewe oor verhoudings met familie en vriende gevorm. ’n Groter dringendheid bestaan om beplanning uit te voer. Daar is ’n besef dat die tyd aanstap en dat elke oomblik geniet moet word. Die gewoonte om uit te stel en eers later belangrike momente in jou lewe te wil ervaar, verander.


Daar is ’n besef dat die liggaam verouder maar dat die innerlike self steeds wil vernuwe. Laasgenoemde kan aangehelp word deur positiewe denke en gewoontes soos om terug te gee aan die plaaslike gemeenskap, om kennis te deel deur om te skryf of om onderrig te gee. Daar kan selfs oorweeg word om ’n nuwe vaardigheid aan te leer. Een van ons kliente wat ’n afgetrede predikant is, het na aftrede begin om klavierlesse te neem terwyl ander persone ’n nuwe plaaslike taal aangeleer het.


Leef Gesond


Ons ervaring by Bovest is dat talle persone die regte gesondheids gewoontes aanleer om hoë mediese kostes te beperk. Hier is verskillende gewoontes wat aangeleer kan word:


  • Eet gesond en moenie oorgewig wees nie.


  • Doen gereelde oefeninge soos op te stap.


  • Beskerm jou gewrigte en beenstruktuur deur krag- en rek-oefeninge te doen.


  • Hou jou brein-funksie of kognitiewe vermoë in ’n goeie toestand deur brein-oefeninge soos memorisering te doen.


  • Volg ’n aktiewe sosiale lewe. Studies het getoon dat mense met ’n aktiewe sosiale lewe minder geheue-probleme ontwikkel. (Health Connection, Cooper, University Health Care, 9 September 2024).



Samevatting


Die persoonlike gewoontes van gelukkige afgetredenes is anders as die van die angstige en getraumatiseerde afgetredenes. Sommige van hierdie gewoontes word oor ’n lang tyd gevorm, terwyl ander makliker aangeleer word.

By Bovest • October 7, 2026
When most people start thinking about their financial future, they go straight to the products. Which index fund is performing best right now? Should I put money into a tax-free savings account or property? What about offshore tech stocks? Those questions feel natural. But they won’t necessarily get you where you want to go. This article explains why the financial products you choose matter far less than the plan they serve. Learn how to craft a clear, holistic financial plan — not just a well-diversified portfolio — and discover what really determines whether you build lasting wealth. The importance of a holistic financial plan Selecting quality investments matters. That said: choosing products without a broader blueprint is like buying building materials before you have drafted the architectural blueprint. Because in the end, it is not simply a matter of creating wealth for the short run, it is about creating wealth for life. At Bovest, our foundation rests on a simple principle: an investment portfolio is merely the engine, but a holistic financial plan is the GPS that directs you on your route. What are the 5 components of a financial plan A holistic financial plan does not start with market performance or product features. It begins with context. A comprehensive plan connects five distinct areas of your life into one cohesive strategy:
By Agulhas Besprekingsforum: Dr. Riaan Botha • October 1, 2026
Die gesprek het plaasgevind in Struisbaai se rolbal klubhuis en is bygewoon deur 35 persone. Die aanbieding wat ek gedoen het, het die persoonlike uitdagings van ’n welvaartskepper beskryf. Punte wat uitgelig is: Wat is jou passie? Kies ’n strategie om jou passie uit te leef. Kennis is die sleutel tot suksesvolle welvaartskepping. Leer goeie geld gewoontes aan. Positiewe uitkyk op die lewe - Beheer wat binne jou vermoë is. Bou ’n netwerk van goeie mense wat jy vertrou. Bou jou persoonlike handelsnaam. Welvaartskepping is ’n lang reis. Geen kitsrykdom nie. Bovest sal jou help met finansiële advies: Om persoonlike finansiële doelwitte te stel. Om ‘n monitor program op te stel vir beplande finansiële doelwitte. Daar het ’n goeie gesprek na die aanbieding gevolg. Die huidige werkloosheid situasie in SA is bespreek en dat veral jong mense hul eie besighede moet begin om persoonlike welvaart te skep. Aangesien die ’n ouer gehoor was in welvaart bewaring ook bespreek. Die voorsitter, Danie Schutte, het ten slotte sy dank uitgespreek dat daar ’n positiewe situasie vir welvaartskepping in SA uitgebeeld is. Dit is veral vir jong mense bemoedigend om nie oorsee te gaan werk soek nie maar hier plaaslik ’n inkomste te skep.