GEWOONTES VIR GELUKKIGE AFTREDE

Riaan Botha • July 30, 2025

Inleiding


Aftrede is onteenseglik ’n belangrike fase in jou lewe, en waarskynlik die belangrikste. Dit is die samevoeging van voorafgaande fases, soos opleiding en inkomsteskepping, en as persone nie gereed is vir aftrede nie, kan die lewe traumaties wees. Daar bestaan talle onsekerhede tydens aftrede soos die lengte daarvan, gesondheid en beskikbare finansies.


Raad aan persone wat beplan om af te tree, is om tydig met die welvaart beplannings proses te begin – hoe gouer hoe beter. Jy benodig persoonlike welvaart doelwitte wat opgevolg moet word met die begeerte om die regte gewoontes aan te leer. Dit word soms vereis dat jy bereid moet wees om van jou gevestigde gewoontes te verander in die soeke na persoonlike geluk.


Uit ons interaksie met kliënte wat op aftrede staan of reeds afgetree het, kon ons waarneem dat hierdie benadering prakties en logies is, met positiewe, tasbare gevolge. Hier volg ’n paar gedagtes oor welvaart gewoontes waarvan die leser kennis moet neem.


’n Nuwe denke oor ouderdom.


‘n Positiewe benadering oor verouderdom word gevorm as gevolg van die ontwikkeling van tegnologie en die mediese wetenskap. Statistieke wys dat die mens langer neem om te verouder en op ’n hoër ouderdom afsterf.


Met veroudering word nuwe perspektiewe oor verhoudings met familie en vriende gevorm. ’n Groter dringendheid bestaan om beplanning uit te voer. Daar is ’n besef dat die tyd aanstap en dat elke oomblik geniet moet word. Die gewoonte om uit te stel en eers later belangrike momente in jou lewe te wil ervaar, verander.


Daar is ’n besef dat die liggaam verouder maar dat die innerlike self steeds wil vernuwe. Laasgenoemde kan aangehelp word deur positiewe denke en gewoontes soos om terug te gee aan die plaaslike gemeenskap, om kennis te deel deur om te skryf of om onderrig te gee. Daar kan selfs oorweeg word om ’n nuwe vaardigheid aan te leer. Een van ons kliente wat ’n afgetrede predikant is, het na aftrede begin om klavierlesse te neem terwyl ander persone ’n nuwe plaaslike taal aangeleer het.


Leef Gesond


Ons ervaring by Bovest is dat talle persone die regte gesondheids gewoontes aanleer om hoë mediese kostes te beperk. Hier is verskillende gewoontes wat aangeleer kan word:


  • Eet gesond en moenie oorgewig wees nie.


  • Doen gereelde oefeninge soos op te stap.


  • Beskerm jou gewrigte en beenstruktuur deur krag- en rek-oefeninge te doen.


  • Hou jou brein-funksie of kognitiewe vermoë in ’n goeie toestand deur brein-oefeninge soos memorisering te doen.


  • Volg ’n aktiewe sosiale lewe. Studies het getoon dat mense met ’n aktiewe sosiale lewe minder geheue-probleme ontwikkel. (Health Connection, Cooper, University Health Care, 9 September 2024).



Samevatting


Die persoonlike gewoontes van gelukkige afgetredenes is anders as die van die angstige en getraumatiseerde afgetredenes. Sommige van hierdie gewoontes word oor ’n lang tyd gevorm, terwyl ander makliker aangeleer word.

By Dr Riaan Botha October 31, 2025
Die regte gesindheid teenoor aftrede verseker dat ons gelukkig aftree. Die nuwe vryheid wat jy beleef as ’n afgetredene is om jou eie tydskedule te bepaal en om te doen wat jy jou hele werkende lewe na gehunker het. Hierdie fase in jou lewe is kosbaar en moet ten volle benut word. Bepaal die doel wat jy as ’n afgetredene moet uitleef. Dit is meer as om net jou belangrikse bate – jou tyd – te gee vir die saak waarin jy ’n verskil wil maak. Gedurende jou werkende loopbaan het jy soveel kundigheid opgedoen om suksesvol te kan wees en om jou doel uit te leef. Hierdie kennis sowel as die lewenservaring wat opgedoen is, stel jou daartoe in staat om ’n verskil te kan maak. Party afgetredenes onttrek uit die besige samelewing en raak stil voor die Hemelse Vader om te bepaal wat die doel is wat uitgeleef kan word. Om hierdie doel uit te leef is dit belangrik om saam met ander afgetredenes te werk. Om te verhoed dat jy na aftrede vereensaam moet jy moeite doen om by mense in te skakel omdat sosiale aktiwiteite baie belangrik is. Doen navorsing om te bepaal by watter groep mense jy graag wil inskakel. Die realiteit in Suid Afrika is dat talle afgetredenes geraak word deur die vertrek van hul kinders na die buiteland. Die ondersteuningsrol van kinders in die lewe van afgetredenes moet nie onderskat word nie veral as die ouers verswak of siek word. Dit is daarom belangrik dat verhoudings met mense gevorm word wat kan help om die afwesigheid van kinders te versag. Om doelgerig te leef is ’n keuse wat jy as afgetredene maak. Om besig te wees met aktiwiteite wat nie net jou eie lewe bevoordeel nie maar ook die lewe van ander, is kosbaar en moet ten volle benut word. Die beloning wat hierdeur ontvang word kan nie in geld terme bereken word nie maar wel deur dankbaarheid en vreugde.  Voorspoed word toegewens aan alle afgetredenes wat die keuse maak om wel ’n verskil in hulle samelewings te maak!
By PJ Botha October 30, 2025
South Africa has officially been removed off the Financial Action Task Force's (FATF) grey list as of October 24, 2025. This comes after 33 months of work to strengthen the country's anti-money laundering and counter-terrorism systems. Why Was South Africa Grey Listed in the first place? In February 2023, the FATF placed South Africa on the grey list due to weaknesses in its ability to enforce anti-money laundering regulations. These included ineffective investigations and prosecutions, particularly in severe money laundering and terrorist financing cases. To get off the list, South Africa needed to accomplish 22 action items. By June 2025, the FATF reported that all items had been handled. Although some areas, like as prosecutions, require improvement, this did not prevent the country from being removed from the list. What is the Function of the Financial Intelligence Centre (FIC)? The Financial Intelligence Centre helped South Africa achieve FATF regulations. It enhanced how it oversees businesses and professions that deal with money but are not banks, employing stronger risk assessment tools and compliance measures. The FIC also collaborated extensively with law enforcement, promoting the use of financial intelligence in investigations. This resulted in genuine results, such as the freezing of approximately R157 million in suspected illegal funds and the recovery of nearly R144 million in stolen money. What impact did the listing have on the Economy and Investments? Being on the Grey List increased the cost and complexity of foreign transactions. It also harmed investor confidence, particularly while South Africa holds the G20 presidency in 2025. Financial experts predict that now that the country is no longer on the list, investor sentiment will improve. According to PPS Investments, this may lead to: Improved access to global capital. A stronger Rand. Increased interest in South African stocks A better climate for the local property markets. This change contributes to a more favourable view for South Africa's economy and investment landscape. How do South Africa compares to other countries that was grey listed? South Africa's 33-month stint on the grey list is comparable to other countries. Tanzania required 33 months, Nigeria 25 months, Mozambique 37 months, and Burkina Faso 57 months. What's next? South Africa is already planning for the next FATF mutual evaluation, which is scheduled for 2026-2027. The FIC states that, while leaving the grey list is a significant step forward, the country must continue to improve its mechanisms for combating financial crime.