OLIMPIESE SPELE EN WELVAARTSWENKE

Riaan Botha • September 2, 2024

Die pas afgelope Olimpiese Spele in Parys het aan toeskouers – die skrywer was bevoorreg om sekere items self by te woon- waardevolle welvaartswenke te gee. Alhoewel die openingseremonie omstrede en uit ’n Christelike perspektief onaanvaarbaar was, was die Spele goed georganiseerd.


Dit is bekend dat suksesvolle welvaartskeppers persone is wat georganiseerd en planmatig hul welvaart doelwitte nastreef. As toeskouer was my ervaring dat die Olimpiese Spele se organisasie die groot skare mense gedissiplineerd en hulpvaardig bestuur het. Die verkope van alkoholiese drankies is by byeenkomste verbied en talle vrywilligers het diens gedoen om die toeskouers te help om betyds hul sitplekke in te neem.


Dissipline speel ’n groot rol in die lewe van suksesvolle welvaartskeppers. Die toeskouers by die Olimpiese Spele was gedissiplineerd en het geduldig die polisie toegelaat om hul rugsakke te deursoek vir ontoelaatbare items. Dit het ’n mens nogal herinner aan die deursoek proses op internasionale lughawens wat jou onwillekeurig laat besef het watter risiko’s geloop word met die aanbieding van internasionale byeenkomste.


Trots en netheid is ’n belangrike eienskap by suksesvolle welvaartskeppers. Die toeskouers by die Spele het gewys dat persoonlike trots en netheid vir hulle belangrik is deur die stadions skoon te laat na ’n byeenkoms. Dit was vir my as ’n Suid Afrikaner opvallend hoe skoon die stadions was na ’n sport byeenkoms in vergelyking met plaaslike ervarings.


Seker die belangrikste wenk vir ons as welvaartskeppers was die sportpersoonlikhede se toegewydheid en vasberadenheid om te presteer. Ongeag die realiteit dat sport persoonlikhede van ryk lande meer finansiële ondersteuning van hule sportorganisasies ontvang as diè afkomstig van die sogenaamde arm lande, het die deelnemers goed presteer. Die deelnemers van Suid-Afrka het ondanks min finansiële ondersteuning van sportorganisasies bo-gemiddeld presteer gelewer en 6 medaljes gewen.



Om welvaart te skep en te vermeerder is nie slegs tot voordeel van die betrokke persoon nie maar ook tot voordeel van sy/haar familie en die betrokke gemeenskap. Die Olimpiese Spele se deelnemers se wenke aan welvaartskeppers is om jou welvaarts doelwitte met deusettingsvermoë en planmatig optredena na te streef.


By PJ Botha September 4, 2025
For a long time, the South African Reserve Bank (SARB) prohibited money from being transferred directly from local trusts to offshore trusts. You may have had offshore exposure in your local trust through asset swops and other investment vehicles, but if you want to distribute to overseas beneficiaries, you must first withdraw funds from the trust and then transfer to them through the SARB. This recently changed. SARS declared that beginning August 1, 2023, it will evaluate and possibly approve petitions to transfer funds from South African trusts to offshore trusts. This adjustment coincides with the South African Reserve Bank's (SARB) recent relaxation of several currency control regulations. While this new alternative provides numerous prospects, there are tight criteria and a thorough application process. If you are an investor or trustee, you must understand these requirements. There is certainly no one-size-fits-all answer, and the drawbacks and benefits should be examined while deciding. Drawbacks: 1. Complex Regulatory Requirements. • Strict compliance required: The procedure is extensive, necessitating meticulous documentation and adherence to both SARS and SARB regulations. • Long approval process: Each application is assessed individually, which can take weeks or even months. 2. Cost • Legal, tax, and accounting assistance can be costly. • Administrative burden: Extensive documentation and regular reporting increase management time and expenses. 3. Tax obligations • The South African trust must pay all relevant taxes (capital gains, dividends, etc.) before distribution, preventing tax deferral to the recipient. Money held in a trust is often taxed at a higher rate than money held in the name of a company or individual. 4. Uncertainty and Evolving Practice • New regulations may impact future distributions and compliance needs. • Disputes: Failure to meet SARS or SARB rules may result in delayed or refused distributions. Benefits: 1. Global Wealth Diversification. Offshore trusts may provide superior asset protection during political or economic volatility in South Africa. 2. Succession and Estate Planning • Multi-Jurisdictional Estate Planning: This allows families with members living in different countries to structure their affairs more efficiently. • Offshore trusts facilitate the transfer of money to beneficiaries outside South Africa, simplifying inheritance processes. 3. Tax preparation • Offshore trusts can optimise worldwide tax positions with proper preparation and professional counsel, but must follow all applicable requirements. 4. Regulatory Clarity • Official Approval: SARS and SARB now provide clear protocols for trustees and investors, eliminating legal risks. The ability to transfer money from a South African trust to an offshore trust is a useful tool for global estate and investment planning. Professional guidance is essential to maximise benefits and avoid pitfalls.
By Riaan Botha September 4, 2025
’n Nuwe denke oor ouderdom. ‘n Positiewe benadering oor verouderdom word gevorm as gevolg van die ontwikkeling van tegnologie en die mediese wetenskap. Statistieke wys dat die mens langer neem om te verouder en op ’n hoër ouderdom afsterf. Met veroudering word nuwe perspektiewe oor verhoudings met familie en vriende gevorm. ’n Groter dringendheid bestaan om beplanning uit te voer. Daar is ’n besef dat die tyd aanstap en dat elke oomblik geniet moet word. Die gewoonte om uit te stel en eers later belangrike momente in jou lewe te wil ervaar, verander. Daar is ’n besef dat die liggaam verouder maar dat die innerlike self steeds wil vernuwe. Laasgenoemde kan aangehelp word deur positiewe denke en gewoontes soos om terug te gee aan die plaaslike gemeenskap, om kennis te deel deur om te skryf of om onderrig te gee. Daar kan selfs oorweeg word om ’n nuwe vaardigheid aan te leer. Een van ons kliente wat ’n afgetrede predikant is, het na aftrede begin om klavierlesse te neem terwyl ander persone ’n nuwe plaaslike taal aangeleer het. Mediese kostes  Volgens Stats SA se verslag “Profile of older persons in SA” wat in 2023 gepubliseer is, het die gedeelte van die SA bevolking wat ouer as 60 jaar is, verhoog van 7,0% in 1996 tot 9,8% in 2022. Wanneer die bevolking per groep ontleed word, maak die 60 jaar en ouer gedeelte van die betrokke groep die volgende uit: Blankes ongeveer 29%, Indiërs/Asiate 16,5%, Kleurlinge 10,9% en Swartes 7,8%. Hiervan gebruik ongeveer 50% kroniese medisyne, 20% gebruik brille, 10% dra gehoortoestelle en 5% is in rolstoele.Hierdie ondersteunende toestelle is duur en word nie altyd ten volle deur mediese fondse betaal nie. Die verslag noem ook dat meer as 50% van persone ouer as 60 leef in huishoudings wat uitgebreide families huisves. Mediese uitgawes is seker een van die belangrikste items in ’n afgetredene se begroting. Dit is ’n ongelukkige verskynsel dat mediese kostes met ouderdom verhoog. Die koste van ’n mediese fonds verhoog jaarliks met 3% tot 5% meer as die inflasiekoers en sal ’n al groter persentasie van ons persoonlike uitgawes vereis. Om die regte mediese fonds volgens persoonlike mediese kondisies te kies, speel ’n belangrike rol om deurlopende mediese uitgawes te beperk. Gap Cover kan ’n belangrike rol speel wanneer mediese fondsvoordele nie al die werklike mediese uitgawes dek nie. ’n Versekeringsproduk wat sal uitbetaal wanneer een van die gevreesde siekte opgedoen word, kan ook help om onverwagte mediese uitgawes te dek. RIAAN BOTHA