REFLEKSIE NA DIE OLIMPIESE SPELE

Yvonne Velthuysen • September 2, 2024

Menige Suid-Afrikaner het vasgenaal gesit voor die televisie tydens die Olimpiese Spele in Parys vanjaar.


Ons het ons ingeleef en die hoogtepunte en laagtepunte van atlete meegemaak, die blydskap asook die hartseer en teleurstellings.


Ons besef wat dit die atlete gekos het om net daar te kon wees. Vier jaar se voorbereiding en ongelooflike harde werk vir een wedloop of item.


Ek was bevoorreg om hierdie Olimpiese Spele persoonlik mee te maak in Parys, aangesien my dogter Suid-Afrika verteenwoordig het in die driekamp kompetisie.


Graag deel ek my ervaring , observasie en lesse wat ek hieruit geleer het. Meeste van dit kan ons toepas op die lewe in die algemeen maar ook op ons beleggingsstrategie.


  • Tyd – dit neem soms jare om jou doelwit te bereik. Soms, soos in my dogter se geval 22 jaar.


  • Toewyding – slaap, eet en leef jou doel.


  • Dissipline – doen elke dag wat jy moet doen. Moenie kompromië aangaan nie.


  • Fokus – weet wat jou doelwit is en werk elke dag daaraan.


  • Opofferings – daar is baie dinge wat op jou pad kom waarvoor jy “nee” sal moet sê. Dis nie maklik nie.


  • Span – kry ’n span wat jou ondersteun en van advies kan voorsien, aanspreeklik hou, moed inpraat en wat in jou glo.


  • Finansies – dit kos ’n fortuin om jou droom te bereik. Veral in Suid-Afrika. Probeer hulp kry van borge.


  • Onsekerheid – dit is moeilik om te presteer as daar onduidelikheid is oor wat van jou verwag word en wat jy moet doen. Om dit te oorkom verg ’n baie sterk persoon met ’n onwrikbare karakter.


  • Ervaring – geniet alle fasette van die pad na jou doelwit toe. Leer en pas dit toe soos jy aangaan. Daar sal hoogtepunte en laagtepunte wees. Daar sal uitdagings wees. Jy sal bo uitkom.


  • Geloof - glo in God. Hy loop elke tree saam met jou en Hy sal jou nooit verlaat nie.


  • Balans – wanneer ’n mens kyk na bogenoemde punte asook wat dit van ’n mens verg om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele, lyk balans maar
  • moeilik, maar dit is belangrik.


  • Sukses – dit is anders vir elke persoon. Ek glo dat jy sukses bereik het wanneer jy vrede en aanvaarding ervaar. Wanneer genoeg, genoeg is.


  • “DIE DAG” - so, jy het 4 jaar voorberei vir “die dag”!? Dit kan goed gaan of dit kan minder goed gaan, op “die dag”. Was dit ’n mors van tyd en geld? Nooit nie. Alles wat jy geleer het op die pad soontoe gaan jy vir die res van jou lewe gebruik en sou jy ’n minder goeie dag op “die dag” gehad het, onthou al die hoogtepunte en goeie tye op die pad soontoe en weet dat daar is lewe na “die dag”, dis jou keuse!


Wat het bogenoemde te doen met beleggings? Tyd in die mark is baie belangrik. Bly gefokus, wanneer dinge moeilik gaan hou aan met jou bydraes. Wanneer markte wisselvallig is, bly by jou beleggingsstrategie. Wanneer markte af is en jy moet aftree, “die dag” byt vas. Môre is nog ’n dag. Moenie paniekbevange en emosioneel raak nie. Werk saam met jou beleggingsspan. Weet


dat hulle jou by jou einddoel sal kry. Weet dat hulle die ervaring het. Weet dat hulle suksesvol is. Sterkte vir die pad vorentoe. Daar is lewe na die Olimpiese Spele.


By Francois Le Clus May 28, 2025
Should you withdraw your Pension and pay off your home? It's perfectly normal to ask whether you should use your pension to pay off your home when leaving an employer. This decision involves weighing the tax on the withdrawal, the interest saved on your bond, the future growth of your pension fund, and the contributions needed to catch up. Example: Anne is 40 years old with a pension fund worth R3,500,000. She bought a home 10 years ago for R3,000,000 and bonded it over 20 years at an 11% interest rate, with monthly repayments of R30,965. After 10 years, her outstanding bond is R2,258,225. If she withdraws her pension, she’ll receive R2,408,300 after tax—enough to settle the bond and have some cash left over. By paying off the bond early: She saves R1,467,919 in interest. She frees up R30,965 in monthly cash flow. However, if she keeps the money invested, her pension could grow to R37,921,470 by age 65 (assuming 10% annual growth). To match this value after using her pension to pay off the bond, she’d need to invest R28,580 per month for the next 25 years. That’s R2,385 less than her current bond repayment, so she does save monthly—but only for the next 10 years. After that, she’s committed to investing R28,580/month for 25 years to break even.  Not everyone’s calculation is the same and there are endless amounts of permutations to this calculation, but it’s important to note that you need to consider all of these factors when making these crucial decisions.
By Riaan Botha May 28, 2025
Ons ontleed watter gewoontes meewerk om ’n gelukkige aftrede te verseker. Hierdie maand bespreek ons hoe om gesond te lewe tydens aftrede. Mediese kostes verhoog hoe ouer ons word. Die koste van ’n mediese fonds verhoog jaarliks met meer as die inflasiekoers en mediese uitgawes sal in die toekoms ’n al groter persentasie van ons persoonlike uitgawes vereis. Dit is daarom belangrik om so gesond as moontlik te leef. Hier is verskillende stappe wat gevolg kan word om gesond oud te word: Eet gesond. Moenie oorgewig wees nie. Word sterker deur oefeninge te doen wat jou spiermassa behou. Doen jaarliks mediese ondersoeke om te bepaal hoe gesond jy is. Beskerm jou gewrigte en beenstruktuur deur krag- en rek-oefeninge te doen. Verminder rook en alkohol-inname om jou kanse van kanker en ander siektes te beperk. Indien jy ’n familie-geskiedenis het van siektes soos kanker en hart-toestande. moet jy vir gereelde mediese toetse gaan om vroegtydig te bepaal of jy nie die siektes onder lede het nie. Verbeter jou liggaamsbalans deur oefeninge te doen soos om op een been te staan terwyl jy jou tande borsel. Hierdeur verseker jy dat jy nie gereeld jou liggaamsbalans verloor en val nie. Studies het bewys dat dit help om jou fisieke en geestelike gesondheid te behou deur sewe tot agt ure per nag te slaap. Hou jou brein-funksie of kognitiewe vermoë in ’n goeie toestand deur brein-oefeninge te doen, soos om nuwe stokperdjies te beoefen of memoriseringsoefeninge te doen. Volg ’n aktiewe sosiale lewe. Studies het getoon dat mense met ’n aktiewe sosiale lewe minder geheue-probleme ontwikkel. Hulle het ’n verminderde kans om eensaam te voel en depressief te word (Health Connection, Cooper, University Health Care, 9 September 2024).