OUDERDOM = AANPASSINGS
Een van die kenmerke van ouderdom is dat persone aanpassings moet maak aan jou lewenstyl om tred te hou met die verouderingsproses. Persoonlike finansiële begrotings word geraak deur veranderende omstandighede. Wanneer inkomste verdien word, word persoonlike welvaart geskep en wanneer afgetree word, word die aanpassing gemaak om die verworwe welvaart te bewaar en te geniet.
Veranderinge in jou lewe word soos volg deur Andy Warhol in “Change your World” beskryf:
“They always say time changes things, but you actually have to change them yourself.” (J.C.Maxwell, R.Hoskins. Change your World. 2021.)
Hoe word suksesvolle aanpassings gemaak?
Daar bestaan verskillende teorië oor wat gedoen moet word om suksesvol aan te pas by omstandighede. Die konsensus is dat daar eerstens ’n verandering in die manier van denke moet wees. Jy moet anders dink om aan te pas by jou nuwe omstandighede. Die pas afgetredene moet besef dat waar hy/sy as ’n werkende ’n inkomste verdien het, ’n aanpassing in denke moet plaasvind om die bestaande aftree kapitaal te bewaar en te geniet.
Tweedens moet persone wat aftrede aanpassings maak , indien nodig, aan byvoorbeeld hul lewensstyl. Afhangend van hoeveel aftree kapitaal beskikbaar is moet seker gemaak word dat onttrekkings wat hul lewensstyl befonds nie die aftree kapitaal erodeer nie. Die belangrike beginsel geld dat jy nie jou aftree kapitaal moet oorleef nie. Die jaarlikse hersiening saam met jou Bovest finansiële adviseur oor die stand van aftree kapitaal, is daarom noodsaaklik.
Dit is derdens belangrik om die aangepaste omstandighede te benut om jou nalatingskap te finaliseer. Opdateer jou testament en maak seker dat daar genoeg fondse beskikbaar gaan wees om die verwagte boedelbelasting te betaal.
Ten slotte is dit belangrik dat die aksies wat geneem word met die aanpassing van jou lewe as ’n afgetredene, ’n verskil maak oor hoe jy verouder. Jou nalatingskap en oor hoe mense om jou gaan beleef, sal getuig of dit die moeite werd was.




