Die toebroodjie-generasie

May 28, 2026

Die term “toebroodjie-generasie” (TG) kom deesdae in baie geskrifte voor. Hierdie tipering is reeds in die 1980’s ontwikkel en verwys na volwassenes in verskillende ouderdomsgroepe wat vasgevang is in die versorging van hulle ouerwordende ouers enersyds, en ondersteuning aan hulle kinders en selfs kleinkinders, andersyds. Dié situasie verteenwoordig ‘n groeiende sosiale en ekonomiese uitdaging.


Meer spesifiek verwys die TG-generasie na volwassenes tussen die ouderdom van 30 en 60 jaar wat beide hulle ouers en kinders finansieel, fisies en emosioneel versorg en ondersteun. TG’s is dan denkbeeldig vasgevang soos die vulsel van ‘n toebroodjie tussen twee snye brood. Redes vir die onstaan van hierdie generasie is velerlei en kan ondermeer toegedig word aan verhoogde lewensverwagting, kinder wat langer in ouerhuise bly, jongmense wat op ‘n later stadium met gesinne begin en finansieële redes. Interessant is dat China die hoogste TG’s ter wêreld het en Old Mutual het in 2018 bevind dat 28% van alle Suid-Afrikaners tot hierdie generasie behoort en jaarliks met twee persent toeneem.


Internasionale navorsing toon dat hierdie verskynsel veral sterk in die Globale Suide voorkom, insluitend Suid-Afrika, waar gesinsolidariteit en beperkte staatssteun families dwing om die las self te dra. TG’s kom ook byna twee keer so algemeen in Sub-Sahara-Afrika voor as in Europa. Volgens Suid-Afrikaanse statistieke (2023) woon sowat 9,7 mijoen kinders saam met 6,7 miljoen grootouers. Dit dui op ‘n sterk tradisie van intergenerasionele huishoudings. ‘n Verslag (2026) waarsku dat ongeveer 5,6 miljoen Suid-Afrikaners ouer as 60 ‘n toenemende vraag na gesinsgebaseerde sorg skep. Die middelgenerasie dra dikwels hierdie koste terwyl hulle self probeer spaar vir aftrede.


Op ‘n sosiale en emosionele vlak kan die konstante spanning om ouers en kinders te ondersteun lei tot uitbranding, skuldgevoelens en gesinskonflik. Druk op die Toebroodjie Generasie is veelvoudig: ouers vind dit dikwels moeilik om hul beroep, stokperdjies, sport, verhoudinge en tyd vir hulself te bestuur – soms is daar werklik geen tyd buite hierdie versorgingsfunksies nie. Om dus ‘n goeie huweliksmaat, ouer en kind terselfdertyd te wees, raak uiters moeilik. Sielkundige probleme kan volg: ouers kan aan versorger-uitbranding begin ly met die voorkoms van depressie, skuldgevoelens en gevolglike sosiale isolasie.


Hoeveel van ons is nie bewus van vriende en familie wat tot die toebroodjie-generasie behoort nie.



Geksryf deur Koos van die Waterberge

vir Bovest



By Bovest • October 7, 2026
When most people start thinking about their financial future, they go straight to the products. Which index fund is performing best right now? Should I put money into a tax-free savings account or property? What about offshore tech stocks? Those questions feel natural. But they won’t necessarily get you where you want to go. This article explains why the financial products you choose matter far less than the plan they serve. Learn how to craft a clear, holistic financial plan — not just a well-diversified portfolio — and discover what really determines whether you build lasting wealth. The importance of a holistic financial plan Selecting quality investments matters. That said: choosing products without a broader blueprint is like buying building materials before you have drafted the architectural blueprint. Because in the end, it is not simply a matter of creating wealth for the short run, it is about creating wealth for life. At Bovest, our foundation rests on a simple principle: an investment portfolio is merely the engine, but a holistic financial plan is the GPS that directs you on your route. What are the 5 components of a financial plan A holistic financial plan does not start with market performance or product features. It begins with context. A comprehensive plan connects five distinct areas of your life into one cohesive strategy:
By Agulhas Besprekingsforum: Dr. Riaan Botha • October 1, 2026
Die gesprek het plaasgevind in Struisbaai se rolbal klubhuis en is bygewoon deur 35 persone. Die aanbieding wat ek gedoen het, het die persoonlike uitdagings van ’n welvaartskepper beskryf. Punte wat uitgelig is: Wat is jou passie? Kies ’n strategie om jou passie uit te leef. Kennis is die sleutel tot suksesvolle welvaartskepping. Leer goeie geld gewoontes aan. Positiewe uitkyk op die lewe - Beheer wat binne jou vermoë is. Bou ’n netwerk van goeie mense wat jy vertrou. Bou jou persoonlike handelsnaam. Welvaartskepping is ’n lang reis. Geen kitsrykdom nie. Bovest sal jou help met finansiële advies: Om persoonlike finansiële doelwitte te stel. Om ‘n monitor program op te stel vir beplande finansiële doelwitte. Daar het ’n goeie gesprek na die aanbieding gevolg. Die huidige werkloosheid situasie in SA is bespreek en dat veral jong mense hul eie besighede moet begin om persoonlike welvaart te skep. Aangesien die ’n ouer gehoor was in welvaart bewaring ook bespreek. Die voorsitter, Danie Schutte, het ten slotte sy dank uitgespreek dat daar ’n positiewe situasie vir welvaartskepping in SA uitgebeeld is. Dit is veral vir jong mense bemoedigend om nie oorsee te gaan werk soek nie maar hier plaaslik ’n inkomste te skep.