Blogs


Read our latest news and industry insights.

Riaan Botha

By Riaan Botha September 4, 2025
’n Nuwe denke oor ouderdom. ‘n Positiewe benadering oor verouderdom word gevorm as gevolg van die ontwikkeling van tegnologie en die mediese wetenskap. Statistieke wys dat die mens langer neem om te verouder en op ’n hoër ouderdom afsterf. Met veroudering word nuwe perspektiewe oor verhoudings met familie en vriende gevorm. ’n Groter dringendheid bestaan om beplanning uit te voer. Daar is ’n besef dat die tyd aanstap en dat elke oomblik geniet moet word. Die gewoonte om uit te stel en eers later belangrike momente in jou lewe te wil ervaar, verander. Daar is ’n besef dat die liggaam verouder maar dat die innerlike self steeds wil vernuwe. Laasgenoemde kan aangehelp word deur positiewe denke en gewoontes soos om terug te gee aan die plaaslike gemeenskap, om kennis te deel deur om te skryf of om onderrig te gee. Daar kan selfs oorweeg word om ’n nuwe vaardigheid aan te leer. Een van ons kliente wat ’n afgetrede predikant is, het na aftrede begin om klavierlesse te neem terwyl ander persone ’n nuwe plaaslike taal aangeleer het. Mediese kostes  Volgens Stats SA se verslag “Profile of older persons in SA” wat in 2023 gepubliseer is, het die gedeelte van die SA bevolking wat ouer as 60 jaar is, verhoog van 7,0% in 1996 tot 9,8% in 2022. Wanneer die bevolking per groep ontleed word, maak die 60 jaar en ouer gedeelte van die betrokke groep die volgende uit: Blankes ongeveer 29%, Indiërs/Asiate 16,5%, Kleurlinge 10,9% en Swartes 7,8%. Hiervan gebruik ongeveer 50% kroniese medisyne, 20% gebruik brille, 10% dra gehoortoestelle en 5% is in rolstoele.Hierdie ondersteunende toestelle is duur en word nie altyd ten volle deur mediese fondse betaal nie. Die verslag noem ook dat meer as 50% van persone ouer as 60 leef in huishoudings wat uitgebreide families huisves. Mediese uitgawes is seker een van die belangrikste items in ’n afgetredene se begroting. Dit is ’n ongelukkige verskynsel dat mediese kostes met ouderdom verhoog. Die koste van ’n mediese fonds verhoog jaarliks met 3% tot 5% meer as die inflasiekoers en sal ’n al groter persentasie van ons persoonlike uitgawes vereis. Om die regte mediese fonds volgens persoonlike mediese kondisies te kies, speel ’n belangrike rol om deurlopende mediese uitgawes te beperk. Gap Cover kan ’n belangrike rol speel wanneer mediese fondsvoordele nie al die werklike mediese uitgawes dek nie. ’n Versekeringsproduk wat sal uitbetaal wanneer een van die gevreesde siekte opgedoen word, kan ook help om onverwagte mediese uitgawes te dek. RIAAN BOTHA
By Riaan Botha July 30, 2025
Inleiding Aftrede is onteenseglik ’n belangrike fase in jou lewe, en waarskynlik die belangrikste. Dit is die samevoeging van voorafgaande fases, soos opleiding en inkomsteskepping, en as persone nie gereed is vir aftrede nie, kan die lewe traumaties wees. Daar bestaan talle onsekerhede tydens aftrede soos die lengte daarvan, gesondheid en beskikbare finansies. Raad aan persone wat beplan om af te tree, is om tydig met die welvaart beplannings proses te begin – hoe gouer hoe beter. Jy benodig persoonlike welvaart doelwitte wat opgevolg moet word met die begeerte om die regte gewoontes aan te leer. Dit word soms vereis dat jy bereid moet wees om van jou gevestigde gewoontes te verander in die soeke na persoonlike geluk. Uit ons interaksie met kliënte wat op aftrede staan of reeds afgetree het, kon ons waarneem dat hierdie benadering prakties en logies is, met positiewe, tasbare gevolge. Hier volg ’n paar gedagtes oor welvaart gewoontes waarvan die leser kennis moet neem. ’n Nuwe denke oor ouderdom. ‘n Positiewe benadering oor verouderdom word gevorm as gevolg van die ontwikkeling van tegnologie en die mediese wetenskap. Statistieke wys dat die mens langer neem om te verouder en op ’n hoër ouderdom afsterf. Met veroudering word nuwe perspektiewe oor verhoudings met familie en vriende gevorm. ’n Groter dringendheid bestaan om beplanning uit te voer. Daar is ’n besef dat die tyd aanstap en dat elke oomblik geniet moet word. Die gewoonte om uit te stel en eers later belangrike momente in jou lewe te wil ervaar, verander. Daar is ’n besef dat die liggaam verouder maar dat die innerlike self steeds wil vernuwe. Laasgenoemde kan aangehelp word deur positiewe denke en gewoontes soos om terug te gee aan die plaaslike gemeenskap, om kennis te deel deur om te skryf of om onderrig te gee. Daar kan selfs oorweeg word om ’n nuwe vaardigheid aan te leer. Een van ons kliente wat ’n afgetrede predikant is, het na aftrede begin om klavierlesse te neem terwyl ander persone ’n nuwe plaaslike taal aangeleer het. Leef Gesond Ons ervaring by Bovest is dat talle persone die regte gesondheids gewoontes aanleer om hoë mediese kostes te beperk. Hier is verskillende gewoontes wat aangeleer kan word: Eet gesond en moenie oorgewig wees nie. Doen gereelde oefeninge soos op te stap. Beskerm jou gewrigte en beenstruktuur deur krag- en rek-oefeninge te doen. Hou jou brein-funksie of kognitiewe vermoë in ’n goeie toestand deur brein-oefeninge soos memorisering te doen. Volg ’n aktiewe sosiale lewe. Studies het getoon dat mense met ’n aktiewe sosiale lewe minder geheue-probleme ontwikkel. (Health Connection, Cooper, University Health Care, 9 September 2024). Samevatting Die persoonlike gewoontes van gelukkige afgetredenes is anders as die van die angstige en getraumatiseerde afgetredenes. Sommige van hierdie gewoontes word oor ’n lang tyd gevorm, terwyl ander makliker aangeleer word.
By Riaan Botha May 28, 2025
Ons ontleed watter gewoontes meewerk om ’n gelukkige aftrede te verseker. Hierdie maand bespreek ons hoe om gesond te lewe tydens aftrede. Mediese kostes verhoog hoe ouer ons word. Die koste van ’n mediese fonds verhoog jaarliks met meer as die inflasiekoers en mediese uitgawes sal in die toekoms ’n al groter persentasie van ons persoonlike uitgawes vereis. Dit is daarom belangrik om so gesond as moontlik te leef. Hier is verskillende stappe wat gevolg kan word om gesond oud te word: Eet gesond. Moenie oorgewig wees nie. Word sterker deur oefeninge te doen wat jou spiermassa behou. Doen jaarliks mediese ondersoeke om te bepaal hoe gesond jy is. Beskerm jou gewrigte en beenstruktuur deur krag- en rek-oefeninge te doen. Verminder rook en alkohol-inname om jou kanse van kanker en ander siektes te beperk. Indien jy ’n familie-geskiedenis het van siektes soos kanker en hart-toestande. moet jy vir gereelde mediese toetse gaan om vroegtydig te bepaal of jy nie die siektes onder lede het nie. Verbeter jou liggaamsbalans deur oefeninge te doen soos om op een been te staan terwyl jy jou tande borsel. Hierdeur verseker jy dat jy nie gereeld jou liggaamsbalans verloor en val nie. Studies het bewys dat dit help om jou fisieke en geestelike gesondheid te behou deur sewe tot agt ure per nag te slaap. Hou jou brein-funksie of kognitiewe vermoë in ’n goeie toestand deur brein-oefeninge te doen, soos om nuwe stokperdjies te beoefen of memoriseringsoefeninge te doen. Volg ’n aktiewe sosiale lewe. Studies het getoon dat mense met ’n aktiewe sosiale lewe minder geheue-probleme ontwikkel. Hulle het ’n verminderde kans om eensaam te voel en depressief te word (Health Connection, Cooper, University Health Care, 9 September 2024).
By Riaan Botha May 28, 2025
We are analysing habits that contribute to a happy retirement. This month we are discussing how to be living healthily to ensure a happy retirement. As we grow older our medical expenses will be increasing. The cost of medical aid increases faster than the rate of inflation every year and will require a bigger percentage of our personal expenses. It is therefore important that we live as healthily as possible. Here are different steps you can take to age in good health: Eat healthily. Avoid becoming overweight. Become stronger by doing muscle-maintaining exercises. Go for annual medical checks to determine how healthy you are. Protect your joints and bone structure by doing strength and stretching exercises. Reduce smoking and alcohol intake to limit your chances of getting cancer and other diseases. If you have a family history of diseases such as cancer and heart disease, you should regularly go for medical checks to ensure early detection of hidden disease. Improve your balance with exercises such as standing on one leg while brushing your teeth. This will help ensure that you don’t lose your balance and fall often. Studies have shown that seven to eight hours’ sleep every night will help you maintain your mental and physical health. Maintain your brain function or cognitive abilities with mental exercises such as taking up new hobbies or memory-boosting exercises. Have an active social life. Studies have shown that people with an active social life develop fewer memory problems. They are less likely to feel lonely and get depressed. (Health Connection, Cooper University Health Care, 9 September 2024).
By Riaan Botha May 2, 2025
Retirees’ needs differ according to their age. The needs of a 66-year-old differ from those of an 86-year-old. Dr Elisabeth Kübler-Ross, an American-Swiss psychologist, has summarised the life journey’s five phases of retirement as follows: The phase of imagination . This period covers the 15 years or more before retirement when people start to imagine or visualise what their retirement will look like one day and how they will enjoy it. This is when they actively plan what finances they will need to enjoy their planned retirement. The phase of anticipation . This period begins about five years before retirement. Excitement increases as the retirement date approaches and more specific plans for enjoying retirement are made. Travels are identified and a possible retirement address is discussed. Appointments are made with a financial adviser to determine whether sufficient retirement funds will be available for the planned retirement. Liberation . The planned day of retirement has dawned and you experience mixed feelings about the freedom of retirement, the loss of the security of a permanent job with an income and your dependence on your retirement income. The excitement of the new freedom accompanying retirement is estimated to last about two years. The phase of reorientation . During this period, the new circumstances of life and opportunities of retirement are enjoyed. These new challenges bring new happiness. Although health and financial issues arise, most retirees enjoy this period which lasts about 15 years. The phase of adaptation : During the following years, adaptation occurs, along with the acceptance of an increase in illnesses and restricted movement as part of the limitations of old age. The increasing loss of loved ones and the resulting grief and longing become a part of your existence. More attention is given to the bequeathing of affluence. Retirement is not a solo journey without the family With retirees now reaching higher ages, even four-generation families including parents, children, grandchildren and great-grandchildren are becoming more common. Multigenerational families living in the same city, town or even household ensure that ageing family members do not become isolated or lonely. This prevents retirement from being a solo journey without social support.  Because of the reality that large numbers of young people are leaving South Africa to go work within an established economy internationally, many local retired parents’ children live in other countries. The advanced digital age in which we live, fortunately, makes it easy to maintain contact with overseas family members, but this does not replace personal familial care.
By Riaan Botha May 2, 2025
Afgetredenes se behoeftes verskil na aanleiding van hul ouderdom. Die behoeftes van ‘n 66-jarige verskil met dié van ‘n 86-jarige. Dr Elisabeth Kübler-Ross, ’n Amerikaans-Switserse sielkundige het die vyf fases van die lewensreis van aftrede so opgesom: Die fase van verbeelding . Hierdie periode dek 15 jaar of meer voor aftrede waartydens mense begin verbeel of visualiseer hoe hul aftrede eendag gaan lyk en hoe hulle dit gaan geniet. Dit is wanneer daar aktief beplan word oor watter finansies nodig gaan wees om hul beplande aftrede te kan geniet. Die fase van afwagting . Hierdie periode begin ongeveer vyf jaar voor aftrede. Opgewondenheid neem toe met die naderende datum van aftrede en meer spesifieke planne word beraam oor hoe om dit te geniet. Reise word geïdentifiseer en ’n moontlike aftree-adres word bespreek. Afsprake word gemaak met ’n finansiële adviseur om te bepaal of daar genoegsame aftree-geld beskikbaar gaan wees vir die beplande aftrede. Bevryding . Die beplande dag van aftrede het aangebreek en daar bestaan gemengde gevoelens oor die vryheid van aftrede, die verlies aan sekuriteit van ’n vaste werk met ’n inkomste en jou afhanklikheid van jou aftree-inkomste. Daar word gereken dat die opgewondenheid van die nuwe vryheid wat met aftrede gepaard gaan so ongeveer twee jaar duur. Die fase van reoriëntasie . Gedurende hierdie periode word die nuwe lewensomstandighede en nuwe geleenthede tydens aftede geniet. Hierdie nuwe uitdagings bring nuwe geluk. Alhoewel gesondheids- en finansiële kwessies opduik, geniet die meeste afgetredenes hierdie periode, wat ongeveer 15 jaar duur.  Die fase van aanpassing : Gedurende die daaropvolgende aantal jare word daar aangepas en aanvaar dat die toename in siektes en die beperking van beweging deel is van die ouderdomsbeperkings. Die afsterwe van geliefdes neem toe en die gevolglike hartseer en verlange word deel van jou bestaan. Die nalatenskap van mense se welvaart geniet meer aandag. Aftrede is nie ’n solo-reis sonder die familie nie Die ouer-wordende afgetredenes veroorsaak dat selfs vier geslagte families met ouers, kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders meer algemeen voorkom. Multi-geslag-families in dieselfde stad of dorp of selfs huishouding verseker dat ouer-wordende gesinslede nie geïsoleer word of vereensaam nie. Dit verhoed dat aftrede ’n solo-reis sonder sosiale ondersteuning is. Die realiteit dat groot getalle jongmense Suid Afrika verlaat om in ’n gevestigde ekonomie internasionaal te werk, het tot gevolg dat talle plaaslike afgetrede ouers se kinders in ander lande woon. Die gevorderde digitale era waarin ons leef, maak dit gelukkig maklik om kontak te hou met oorsese familie, maar dit vervang nie persoonlike familie-sorg nie.
By Riaan Botha April 3, 2025
Inleiding Aftrede is onteenseglik ’n belangrike fase in ons lewens, en waarskynlik die belangrikste. Dit is die kulminasie van voorafgaande fases, soos opleiding en inkomsteskepping, en as ons nie gereed is vir hierdie fase nie, kan die lewe traumaties wees. Aftrede verg beplanning en beplanning is die gevolg van goeie gewoontes. Ons raad aan afgetredenes en mense wat beplan om af te tree, is om goeie gewoontes te kweek om hulle op die pad na ’n gelukkige aftrede te lei. Uit ons interaksie met kliënte wat op aftrede staan of reeds afgetree het, kon ons sien dat hierdie benadering prakties en logies is, met positiewe, tasbare gevolge. Baie faktore speel ’n rol in ’n gelukkige aftrede. In die VSA het ’n studie hierdie faktore gelys as goeie gesondheid, finansiële sekuriteit, liefdevolle familie en vriende en ’n doelgerigte of beplande aftrede - What Retirees Want. Dychtwald and Morison, 2022. p115. Hierdie aspekte word onder meer in hierdie boek aangespreek. By Bovest word kliënte se persoonlike omstandighede in ag geneem wanneer hulle finansiële advies vra. Ons wil mense help om hul finansiële situasie ten beste te benut om gelukkig te kan leef. Om gelukkig af te tree is egter nie ’n gegewe nie. Jy benodig persoonlike doelwitte wat opgevolg moet word met die begeerte om die nodige regte gewoontes aan te leer. Dit vereis dikwels dat jy bereid moet wees om van jou gevestigde gewoontes te verander. In die soeke na jou persoonlike geluk gaan jou gewoontes uniek wees. Hoe word Gewoontes Gevorm? Daar bestaan verskillende teorieë oor hoe om gewoontes suksesvol te vorm. By Bovest vind ons aanklank met James Clear se teorie soos vervat in sy boek Atomic Habits (Penguin Random House, London, 2018, pp47-48), wat vier stappe tot sukses verwoord: Stap 1: Raak bewus van ’n wenk, insig, doelwit of begeerte. Stap 2: Hunker om dit uit te voer. Stap 3: Wat is die reaksie wanneer jy dit uitvoer? Stap 4: Wat is jou beloning as jy dit uitvoer?  Kom ons kyk na’n voorbeeld van gewoonte-vorming: · Stap 1: Iemand wat aftree se doelwit is om waarde vir geld te soek – hulle ontleed voortdurend die omgewing waarbinne hulle leef en pas hul begrotings en maandelikse uitgawes oppersoonlike behoeftes voortdurend aan. · Stap 2: Daar word navorsing gedoen oor watter uitgawe die beste waarde vir die beskikbare geld bied. · Stap 3: Die aankope word aangepas en die afgetredene voel tevrede dat daar waarde vir geld verkry is. · Stap 4: Aangesien daar binne begoting opgetree is, is die beloning dat daar fondse beskikbaar is om op ander beplande aankope te spandeer. Indien die koop ’n winskoop was, kan ons daarmee spog en selfs deur ons vriende geprys word as ’n winskopie-jagter! Deur hierdie vier stappe te herhaal, sal ons in die toekoms met meer gemak optree tot gewoontes van gesonde finansiële bestuur redelik moeitevry gevorm word.
By Riaan Botha April 3, 2025
Introduction Retirement is undeniably an important phase of our lives, and probably the most important. It is the culmination of preceding phases such as training and income creation, and if we are not ready for this phase, life can be traumatic. Retirement requires planning, which is the result of good habits. Our advice to retirees and people who are planning to retire is to develop good habits that will put them on the road to a happy retirement. From our interaction with people on the point of retirement and others who have already retired, we were able to conclude that this approach is practical and logical, with positive, tangible results. Many factors play a role in a happy retirement. In the USA, a study listed good health, financial security, loving friends and family and a purposeful or planned retirement. A happy retirement is not a given. You need to have personal goals and pursue them with the desire to adopt the right habits. It often demands that you are willing to change some of your established habits. In your quest for personal happiness, your specific habits will be unique . How are Habits Formed? There are different theories on how new habits are successfully formed. At Bovest , we resonate with James Clear’s theory outlined in his book Atomic Habits (Penguin Random House, London, 2018, pp47-48), which gives four steps to success: Step 1: Your cue would be your goal or desire. Step 2: You have the craving to put it into action. Step 3: What is your response to your action? Step 4: What is your reward? Let’s look at an example of habit forming: Step 1: A person who is retiring aims to seek value for money – they are continually analysing their environment and adjusting their budgets and monthly expenditure on personal needs. Step 2: Research is done into which expenditure offers the best value for the money available. Step 3: The purchase is adjusted, and the retiree is satisfied that value for money has been obtained. Step 4: As this has been done within budget, the reward is that funds are available for other planned purchases. If the purchase was a bargain, the retiree can boast about it and be praised by friends for being a bargain hunter! By repeating these four steps, we will become more at ease with this behaviour until we have formed the habits of healthy financial management fairly easily.
By Riaan Botha March 7, 2025
Gewoontes speel ’n beslissende rol om ’n gelukkige aftrede te verseker.. Nie alle mense het gedurende hul werkende loopbaan die regte gewoontes gevorm om hul volle potensiaal as afgetredenes te kan bereik nie. Hoe kan die regte gewoontes gevorm word? Deur die boek, “Gewoontes vir Gelukkige Aftrede” te lees, is ’n goeie beginpunt. Die boek is geskryf deur Riaan Botha en word uitgegee deur Bovest Wealth Management vir die gebruik van Bovest kliënte. Die inhoud van die boek gaan in die volgende nuusbriewe bespreek word. Hierdie boek gee erkenning aan die talle Bovest-kliënte wat oor die jare die gewoontes gevorm het om gelukkig te kan aftree. Hulle is vir ons ’n voorbeeld van mense vir wie aftrede die hoogtepunt in hul lewens is. Aftrede is onteenseglik ’n belangrike fase in ons lewens, en waarskynlik die belangrikste. Aftrede verg beplanning en beplanning is die gevolg van goeie gewoontes. Ons raad aan afgetredenes en mense wat beplan om af te tree, is om goeie gewoontes te kweek om hulle op die pad na ’n gelukkige aftrede te lei. Om gelukkig af te tree is egter nie ’n gegewe nie. Jy benodig persoonlike doelwitte wat opgevolg moet word met die begeerte om die nodige regte gewoontes aan te leer. Dit vereis dikwels dat jy bereid moet wees om van jou gevestigde gewoontes te verander. In die soeke na jou persoonlike geluk gaan jou gewoontes uniek wees.
By Riaan Botha January 17, 2025
Aan die begin van elke jaar is dit menslik dat ons wonder of ons welvaartsportefeulje reg gestruktureer is vir die jaar wat voorlê. Kom ons kyk in die kristalbal wat moontlik kan gebeur: Plaaslik: Inflasie in Suid Afrika is onder beheer en daarom kan ons verwag dat die plaaslike rentekoerse sal verlaag. Geskiedenis wys egter dat die rentekoers situasie in die VSA ’n bepalende rol speel in plaaslike rentekoers veranderinge. Die stimulasie van die Suid Afrikaanse ekonomie is ’n prioriteit van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) met die doel om werk te kan skep. Gevolglik sal samewerking tussen die privaat sektor en die regering veroorsaak dat JSE gelyste maatskappye groter wins sal maak en gevolglik kan pryse van die aandele van die betrokke maatskappye op die JSE styg. Ekonome verwag ’n 1,7% reële ekonomiese groei vir 2025 in Suid Afrika. Die prys/verdienste verhouding van aandele op die JSE wys dat die aandeelpryse in verhouding tot hulle verdienstes goedkoop is en daarom kan verwag word dat maatskappye met bo gemiddelde verdienste se pryse sal styg. Effekte/bonds se pryse het na die inwerkingstelling van die RNE aanvanklik bo- gemiddeld gestyg maar later weer sydelings beweeg. In ’n rentekoers dalende siklus styg effekte se pryse gewoonlik en daarom kan ons verwag dat in gunstige ekonomiese toestande die groei op beleggings in effekte sal styg. Internasionaal: Indien die verkiesingsbeloftes van Pres Tump om onder andere invoer tariewe in te stel, geimplimenteer word, sal dit finansiële markte internasionaal raak. Die onlangse arbeidsmark statistieke in die VSA toon dat die ekonomie steeds sterk groei. Inflasie vrese kan veroorsaak dat rentekoerse in die VSA langer hoog sal bly. Geo -politieke spanninge bring onsekerheid by beleggers omdat hulle gekonfronteer word met die vraag of hulle risiko moet neem of eerder kapitaal moet beskerm? Gaan die ekonomiese inisiatiewe van China om hul ekonomie te stimuleer, suksesvol wees en hoe gaan hul ekonomie reageer indien die VSA invoertariewe instel? Die antwoord op hierdie vraag sal ’n invloed uitoefen op aandelepryse in China . Gevestigde ekonomië se effekte/bonds se verdienste is laag in verhouding met die van die onwikkelende ekonomië. Indien die effekte in gevestigde ekonomië beter presteer agv dalende rentekoerse, kan hul vir beleggings oorweeg word.  Riaan Botha 15 Januarie 2025
Show More